Know - God

Thriving in Babylon – Hope

thriving-in-babylon-hope-2

Babylon reeks 3Daar word gesê dat ‘n mens tot 40 dae sonder kos, 7 dae sonder water, 4 minute sonder suurstof kan leef, maar nie een sekonde sonder hoop nie.  As ons hoop verloor, word ons soos robotte wat net take verrig dag in en dag uit, sonder ʼn toekoms.  Die realiteit is dat ons hoop die afgelope tyd onder aanslag is.  Die ekonomiese krisis, stygende kostes van elektrisiteit, brandstof en voedsel maak ons depressief, en laat ons met min hoop oor ʼn beter toekoms.  As ’n mens lank uitsien na iets en dit gebeur nie, maak dit jou moedeloos, maar as ’n mens se begeerte vervul word, gee dit jou nuwe moed. (Prov 13:12 LB) Verskeie kwessies in ons dorpe maak ons nog verder moedeloos en baie mense is besig om hoop te verloor.  Deur die lewe en mense se oortredinge teenoor ons, word ons verwond. Sonder hoop word die wond septies en trek allerhande bakteria, vlieë en siektes. Hoop is ’n geestelike teengif en buffer teen demoniese infestasie.

Ons is mense van hoop: handdoek ingooi is nie ʼn opsie nie! Toe een van ons boere in ons gemeenskap ʼn paar jaar gelede geweldige brandskade op sy plaas gehad het, moes ek gaan om hom te bemoedig.  Ek het eerlikwaar nie geweet wat om te sê nie. Toe sê die Here vir my: “There is a difference between giving up and letting go.”  Om op te gee is nie ʼn opsie nie, maar soms moet ons dinge oorgee af afgee, om staande te kan bly.  Dit het vir die boer en sy vrou hoop gegee, dat alles nie tot niet is nie.

Ons kan nie toelaat dat afbrekende woorde en ʼn negatiewe ingesteltheid ons siel en gees besmet nie.  Jesus self in ons is ons hoop. (Col 1:27) As kinders van die Here het ons, ons hoop gevind in dit wat nie geskud en vernietig kan word nie, naamlik ons verhouding met Jesus Christus.  (Ps 39:7) HOOP het in ons hart kom woon, en ons beleef nou Sy vrede en vreugde in die Heilige Gees, ten spyte van ons omstandighede.  (Rom 14:17)

Moeilike omstandighede en krisisse ontbloot die waarheid van ons hart, waarin is ons hoop gevestig?  Is ons sekuriteit in ons besittings, posisies, kontantvloei, en voorspoed?  Of is ons sekuriteit Jesus en Jesus alleen?  Jesus Christus is ons ewige onwankelbare HOOP!

Hoop is ‘n persoon, sy naam is Jesus.  Daniel was ‘n man van hoop, omdat hy die Here persoonlik op Sy woord gevat het.  (Dan 1:8) Hy moes self sy geloof in God toets. Jy kan nie op iemand anders se hoop lewe nie. Alhoewel Daniel heelwaarskynlik nie in ‘n Godsdienstige tyd groot geword het agv Israel se afvalligheid nie. Tog het Daniel die dieet van sy voorvaders onthou, en homself voorgeneem om homself nie te besoedel met die lekkernye van die Koning se tafel nie. Hy moes uit ervaring geleer het, dat die Bybelse Dieet beter resultate lewer.  Uit Sy voorneme neem hy ‘n geloofaksie en die Here beloon sy geloof deurdat hulle guns kry by sy leermeesters. Elke keer as die koning hulle raad gevra het oor ’n saak waarvoor daar insig en begrip nodig was, het hy gevind dat hulle tien maal meer weet as al die towenaars en fortuinvertellers in sy ryk. (Dan 1:20)

Bybelse hoop lê in ‘n verhouding, ‘n pad saam stap, ervarings en verlossingsdade wat deel raak van ons Storie met God.  Dit gee vir ons wat na God toe gevlug het om gered te word die moed om vas te hou aan wat Hy beloof het. 19Om so op God te vertrou, is vir ons lewens ’n anker wat vas en seker is, want dit verbind ons aan God self (Heb 6:18-19)

Vanuit hierdie verhouding met God, het Daniel met God ’n daaglikse pad gestap, Dan 6:10. Hy het altyd eers na die Here toe gegaan. (Dan 2:14–23) en gesien hoe die Here wonderdade verrig soos om die bekke van die leeus te sluit. (Dan 6:21). Hierdie pelgrims reis met die Here het sy geloof en hoop in God verder en verder versterk.

Sy hoop was egter nie net in ervarings met God nie, hy het die Skrifte gereeld ondersoek en op die woord van die profeet Jeremia afgekom dat die Ballingskap net 70 jr gaan duur. (2 Chr. 36:21; Ezra 1:1; Jer. 25:11, 12; 29:10; Zech. 7:5)

Toe het hy homself voorgeneem om die Woord te bid. (Dan 9:2-3) Op hierdie tydstip was die Koninkryk van Babel in geen gevaar nie en die stad ondeurdringbaar.  In die fisiese omstandighede blyk dit eers dat niks verander nie, maar God het hom ontmoet, en die engel Gabriël het aan hom verskyn en hom versterk.  (Dan 9:20) Uiteindelik vervul die Here Sy woord aan Kores, die Persiese heerser en bring Babilon tot ‘n val in een dag! (Isa 45:1-7)

The great test was Babylon with its massive walls and its prestige of centuries of rule. It was
particularly impregnable because of the vast area within the walls where food could be stored and even produced, because of its great wealth, and because of the Euphrates River which flowed through the city. Cyrus is said to have stationed a portion of his army at the place where the river entered the city and another where it left. The rest of the army deepened the canals in the Euphrates Valley and diverted the river temporarily. In October, 539 b.c., the army marched in by way of the river bed under the leadership of Gobryas (Akkad. Ugbaru), who died a week later (ANET, p. 306).[1]

Die Here verlos uiteindelik sy kinders uit die hand van die Babiloniërs, en word hulle onder die regering van die Perse, toegelaat om hulle tempel (Esra) en die stadsmure (Nehemia) te herbou.  Daniel is dus vir ons ‘n voorbeeld deurdat hy enduit, (60jr) of langer sy Hoop en geloof uitgeleef het.  Regerings kom en gaan, bose heersers staan op en kom tot ‘n val, die geskiedenis van tyd leer ons dat God Ewig is, en ’n waarmaker is van Sy Woord.

[1] Dayton, W. T. (1975). Cyrus. In C. F. Pfeiffer, H. F. Vos, & J. Rea (Eds.), The Wycliffe Bible
Encyclopedia
. Moody Press.

Share:

Jan Oosthuizen

Leave A Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *