Know - Self

Vind Sy Vreugde in Tye van Terreur

vind-sy-vreugde-tye-van-terreur

Ons almal word geraak deur die geweld van moord in ons land. Elke groepering in SA prioritiseer die terreur waar dit hulle die diepste raak. Die bende geweld in die Kaap, Studente moorde in Stellenbosch, die moorde in plakkerskampe, en natuurlik plaasmoorde. Die onlangse slagting in Texas, waar een man vanuit sy hotelkamer op mense begin skiet het, dui daarop dat die terreur nie net in SA plaasvind nie. Dan is daar die voortslepende terroriste aanvalle in London, Parys en Duitsland.

Die plaasmoorde raak ons as landbou gemeenskap sekerlik die diepste, omdat ons boere is, en afhanklik is van die landbou.  Flip Buys, voorsitter van Afri-forum skryf: “Plaasterreur raak ons harte Moordenaars het my grootworddorpe se name met bloed besmeer. Boerebloed. Sannieshof, Ottosdal, Leeudoringstad, Wolmaransstad. Hierdie name klink soos klippe op die sinkdak van my kindertyd se plaashuis as ek die moordnuus hoor. Rampokkers verbrand my herinneringe aan geboue in Lichtenburg, Coligny en Schweizer-Reneke. Delareyville en Bloemhof verval van verwaarlosing. Hierdie dorpe is my grootwordplekke: gebore op Delareyville, laerskool in Sannieshof, “dorp toe” gegaan in Lichtenburg. Die hartseer nuus maak seer. Die ergste is die wreedaardige moorde, veral op weerlose plaasvroue en oumense. Dit laat mens rooi sien.”[1]

Die #stopdiemoorde sosiale media veldtog versprei soos ‘n veldbrand, want ons het versadigingspunt bereik. Dis is nou genoeg.  Die vraag is natuurlik, wat gaan ek doen?

Want die kantelpunt in ons geskiedenis kan oorval na verder geweld en ‘n burgeroorlog, of geestelike herlewing.

Moord en slagting is nie vreemd in die Bybel nie.  Inteendeel in die NT was die uitmoor van Christene algemeen, en niemand is nie daardeur geraak nie.  Oor die 20 eeue van die Christelike geloof is sowat 70 miljoen Christene vermoor. En hierdie getal groei steeds in die nuwe millennium, aangesien meer as 400 nuwe martelare elke dag vermoor word. [2]

Bill Johnson se preek, “The discipline of Joy[3]” wys ons daarop, dat God se manier om ons te versterk te midde van tye van swaarkry is – VREUGDE.  Inteendeel die mate van jou vreugde, bepaal die mate van jou sterkte.  Die opdrag maak glad nie sin vir die natuurlike mens nie. Tog weet ons instinktief die inhoudelike waarheid.  Die Bybel is volop met voorbeelde van hoe ons moet optree in die teenoorgestelde gees. Dit beteken nie dat ons  nie ook hartseer of kwaad is oor wat besig is om te gebeur nie, dit beteken bloot dat ons, ons harte, siel en emosies in ‘n ander rigting stuur. Dis ‘n geestelike offensief.

Dit beteken nie ons is ligsinnig nie, en ons gaan nie ligtelik met die omvang van mense se trauma om nie. Soos enige mens is ons diep geraak deur die Terreur, maar ons kies om ons hart te vul met hoop, geloof en liefde. Dan kan ons tot aksie oorgaan met ‘n ander gees. Nie in reaksie en in protes nie.  Ons tree op vanuit ‘n ewige mandaat van God se liefde en goedheid.

Hab 3:18 vreugde, ‘gil’ (geel); Strong’s # 1523: Om bly te wees, vol blydskap en vreugde. Gil bevat die voorstel om vir vreugde te dans of om vreugde te spring, aangesien die werkwoord oorspronklik bedoel het om met intense beweging te draai. Dit veronderstel die idee dat die Bybelse konsep van vreugde nie net ‘n stil, innerlike gevoel van welsyn is nie. “God dans vir vreugde oor Jerusalem en oor sy volk” (Isa 65:19; Zeph 3:17). Die regverdige Messias sal bly wees in God se verlossing met ‘n intensiteit dat die psalmis geen woorde kan vind om te beskryf nie (Ps 21: 1). Op sy beurt is sy verloste burgers vreugdevol in hulle Koning; hulle loof Hom met danse, instrumente en sang (Ps 149: 2, 3). Alhoewel alles in Habakkuk se eksterne wêreld verkeerd is, spring hy van vreugde oor sy gemeenskap met Yahweh. [4]

Bill verduidelik verder na gelang van Nehemia se hervormings en die herbouing vd muur is ‘n metafoor van elke lewe se herstel en reformasie in die Here.  Nuwe gelowiges moet ook die muur om hulle lewe herstel en opbou saam met ander gelowiges. Die eerste taak van die nuwe bekeerling is egter die studie van God se Woord. (Neh 8) Die woord van God word deur die meeste tydgenote van Nehemia vir die eerste keer gehoor. Die mense het onder ‘n diepe gees van verootmoediging en berou gekom, omdat hulle nou hoor of hulle lewe op-lyn met God se wil of nie.  Dan doen Nehemia en Esra die priester ‘n merkwaardige ding: Hulle roep ‘n feesdag uit. Hulle beveel die mense om nie te treur nie, maar om bly te wees.

“Vandag is ’n besondere dag wat aan die Here julle God toegewy is en daarom moet julle nie huil en treur nie. 11Gaan nou huis toe en maak vir julle ’n spesiale ete klaar met lekker kos en drinkgoed, want dis ’n feesdag van die Here. Gee ook van julle kos vir die wat nie het nie, want dit is ’n dag van groot blydskap en niemand mag treur nie. Julle blydskap oor wat die Here gedoen het, sal julle weer nuwe krag gee.” (Neh 8:10–11) [5]

Dis ook interessant dat die wetenskap die krag van vreugde, en blydskap erken. [6]

Skrifte wat duidelik die krag van vreugde aanmoedig:

(Mt 5:12) Rejoice and be exceedingly glad, for great is your reward in heaven,(Ac 20:22–24) so that I may finish my race with joy, and the ministry which I received from the Lord Jesus, to testify to the gospel of the grace of God.(Phil 2:17) I am being poured out as a drink offering on the sacrifice and service of your faith, I am glad and rejoice with you all.(Col 1:24) I now rejoice in my sufferings for you, and fill up in my flesh what is lacking in the afflictions of Christ, for the sake of His body, which is the church(2 Cor 7:4) I am filled with comfort. I am exceedingly joyful in all our tribulation.

(2 Co 8:2)  that in a great trial of affliction the abundance of their joy and their deep poverty abounded in the riches of their liberality.

(1 Pet 1:6) In this you greatly rejoice, though now for a little while, if need be, you have been grieved by various trials,

(1 Pet 4:13)  but rejoice to the extent that you partake of Christ’s sufferings, that when His glory is revealed, you may also be glad with exceeding joy.

(Jam 1:2) count it all joy when you fall into various trials,

(Acts 5:41) rejoicing that they were counted worthy to suffer shame for His name.

(Rom 12:12) rejoicing in hope,

Dis baie duidelik as mens deur hierdie verse lees, dat ons aanvalswapen van verdediging vreugde is.

Jesus het “ter wille van die blydskap wat daar voor vir Hom gewag het, die kruis verduur.” (Heb 12:2). Die vreugde in sy hart het hom dus die krag gegee om die lyding van die kruis te kon verduur.

Hoe kry mens dié vreugde?

Vreugde te midde van swaarkry is ‘n uitdrukking van jou geloof. Mens kan dit nie namaak of vervals nie. Dit is alleenlik in die Here te vinde. Daarom wag ons op die Here, ons rig ons harte na hom toe, en wanneer Hy ons antwoord met ‘n Woord, ontvang ons saam met die Woord, die krag en vermoë om aanhou aan te hou.  Dit is die bron van ons vreugde, ons het die einde gesien. U het ons met ’n net gevang, ’n sware las op ons geplaas. U het mense oor ons laat ry, ons deur vuur en vloed laat gaan, en tog gebring waar daar oorvloed is.  (Ps 66:11–12).

Jesus het probeer om sy dissipels te wys wat Hy sien, maar hulle het eers later begin sien. “Moenie ontsteld wees nie. Hou net aan om op God te vertrou en vertrou ook ten volle op My. In die huis van my Vader is daar sommer baie kamers.” (John 14:1–2). Jesus het hulle die ewige realiteit probeer wys. Sien dat die aardse, fisiese dinge tydelik is. (2 Cor 4:16-18) Alles word tans geskud, dit is dan vir ons voorspel deur Jesus en die profete. Al wat gaan staande bly is die koninkryk.  26 Toe het sy stem die aarde geskud; maar nou het Hy belowe en gesê: Nog een maal laat Ek nie alleen die aarde nie, maar ook die hemel bewe. 27 En hierdie woord: nog een maal, wys duidelik op die verandering van die wankelbare dinge as geskape dinge, sodat die onwankelbare kan bly. 28   Daarom, omdat ons ’n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees. 29 Want onse God is ’n verterende vuur.  (Heb 12:26–29).

Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees. (Ro 14:17). Mag die Here vandag jou geestelike oë oopmaak dat jy kan sien, die wat saam met ons is, is meer as die wat teen ons is. (2 King 6:16; Rom 8:31) Daar is meer mense in Suid Afrika, wat reg doen, en reg leef as die boosheid. Sien dat daar meer mense is wat alreeds wit, bruin en swart aanvaar het, en in vrede saamleef as die rassiste.  Sien dat daar meer mense is wat goed doen, as die wat sleg doen.  Sien die deurbrake en vordering wat al gemaak is in samewerking en voorspoed vir almal. Sien ‘n herlewing van God se Gees wat in mense se harte werk om meer te bid, en hulleself aan die Here toe te wy.  Sien tydens die droogte die hande wat help, en bydraes maak. Sien die Here se voorsiening.

Mag die vreugde van die Here jou hart vul, met blydskap en onverskrokke geloof. In sy vreugde werk ons, en glo ons!

Krag om ‘n verskil te maak in Donker Wêreld

Uiteindelik is die rede hoekom Sy vreugde ons krag gee, is om ons roeping uit te leef. Krag en sterkte is nie net vir jou eie voortbestaan nie.  Sy krag is om Sy getuie te wees, en mense om jou hoop te gee.  “The time is now”! Die tyd is nou, die kerk staan voor ‘n wonderlike geleentheid om Sy lig te skyn, sout te wees, en deel te word van die oplossing.  Ons loop met ‘n misterieuse glimlag in ons binneste, ons uitkyk en ingesteldheid is een van hoop en geloof.  Dit beteken nie ons lewe in ontkenning nie, ons raak ook kwaad en hartseer wanneer die gevaar naby ons lyf kom. Tog rig ons, ons harte en draai na die Here.  Ons neem eerder ons wapens van die gees op, as die wapens van die vlees wat net nog meer bloedvergieting te weeg sal bring.

Mag die Woord van die Here vandag jou hart en gemoed in lyn bring met Sy Woord. Terwyl ons op die Here wag, en Hy ons bedien met Woord, verander ons uitkyk. Hy open ons geestelike oë, en help ons om te sien soos Hy sien.  Vreugde ontspring in ons harte soos die Heilige Gees ‘n Woord in ons hart bevrug.  Ons kry hoop as ons staan op die Woord van die Here.  Nehemia en Esra het die mense beveel om visies te gaan feesvier. Deel met dié wat nie het nie, sodat almal kan deel in die vreugde.  Nou is dit die tyd, terwyl ons ook self swaarkry, om in Sy teenwoordigheid te bly, en te beleef hoe Hy ons vul met vreugde.  Sy vreugde laat ons ryk en vergenoegd voel, om dan ander se nood raak te sien.

Vreugde, Vrede en Genade!

 

[1] https://maroelamedia.co.za/debat/meningsvormers/plaasterreur-raak-ons-harte/

[2] World Christian Trends  AD 30-AD 2200, David B. Barrett Todd M. Johnson, 2001

[3] http://podcasts.ibethel.org/en/podcasts/the-discipline-of-joy

[4] Wordwealth – the Spirit-filled Bible

[5]  Die Lewende Bybel. (1982). (Ne 8:10–11)

[6] http://www.medicaldaily.com/health-benefits-laughter-and-smiling-how-expressing-joy-affects-your-physical-411681

 

Jan Oosthuizen

Leave A Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *