DAGBREEK

Die redelikheid en logika van Jesus Christus

die-redelikheid-en-logika-van-jesus-christus

So be shrewd as serpents and innocent as doves. (Matt 10:16 NSAB)

Fundamenteel tot Jesus se lewe was sylogika, redelikheid, nugterheid en gebruik van gesondeverstand. As ʼn jong seun het Hy met die skrifgeleerdes en Fariseërs in die tempel geredeneer. Die evangelie in sy essensie is gesondeverstand. Christenskap is die een godsdiens in die wêreld wat durf en deurgaans die gebruik van die intellek vereis. Dink!

Die Christus-lewe is eweneens ʼn kwessie van geloof, maar ook van leefwyse. Die leefwyse van geloof, liefde, dankbaarheid, vergifnis, naasteliefde, selfloosheid en vrygewigheid is die beste manier om te leef. Dit is oor en oor bewys.

Selfs al sou God nie bestaan nie . . . is die Bybelse/Jesus-/Christus-gesentreerde leefwyse die beste manier van leef. As mens die sinloosheid van oorlog, moord, dwelm- en alkoholmisbruik, jaloesie en haat sien, dan wonder mens, hoe is dit moontlik dat regdenkende, redelike, opgevoede mense tot sulke dade kan oorgaan?

Die Jesus-lewe rig ons na ʼn goddelike, koninklike, verhewe bestaan teenoor ʼn dierlike, redelose slawebestaan – oorgegee aan boosheid.

Die wysheid van bo is . . . vredeliewend, redelik(Jak 3:17). Die Griekse woord wat hier met “redelik” vertaal word, beteken letterlik “toegewend”. Sommige vertalers gee dit weer as “bedagsaam”, “vriendelik” of “verdraagsaam”. Let op dat redelikheid met vredeliewendheid geassosieer word. In Titus 3:2 word dit saam met sagmoedigheid genoem en word dit teenoor strydlustigheid gestel. Filippense 4:5 spoor ons aan om bekend te wees vir ons “redelikheid”. Iemand wat redelik is, neem die persoon met wie hy praat se agtergrond, omstandighede en gevoelens in ag. Hy is bereid om toe te gee wanneer dit gepas is. As ons ander so behandel, help dit om hulle verstand en harte ontvankliker te maak wanneer ons uit die Skrif met hulle redeneer.

Die wysheid van die mens staan in kontras met Paulus se appèl in 1 Korintiërs 1:18-31 – die wysheid van die mens is dwaasheid vir God.

Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God. Daar staan tog geskrywe: “Die wysheid van die wyses sal Ek vernietig, en die geleerdheid van die geleerdes sal Ek tot niet maak.” Waar is die wysgeer van hierdie wêreld nou? Waar die skrifgeleerde? Waar die slim woordvoerder? Het God nie die wysheid van die wêreld tot onsin gemaak nie? Dit was die bedoeling van God in sy wysheid dat die wêreld nie deur geleerdheid tot kennis van God sou kom nie (1 Kor 1:18-31).

Die woordjie “selfbeheersing” in die bekende vers, Want God het ons nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing (2 Tim 1:7), kan eintlik direk vertaal word met “geredde verstand”. Die Here wil ons denke gebruik, maar ons vertrou nie op ons intellek  en rede nie.

4993. σωφρονέω sōphronéō; contracted sōphronṓ, fut. sōphronḗsō, from sṓphrōn (G4998), sober-minded. To be of sound mind, intrans. To be sane, in one’s right mind (Mark 5:15; Luke 8:35; 2 Cor. 5:13). By implication to be sober-minded, to think and act soberly, discreetly, to use sound judgment and moderation, to be self-disciplined (Rom. 12:3; Titus 2:6; 1 Pet. 4:7). Syn.: nḗphō (G3525), to be sober. Ant.: paraphronéō (G3912), to act the fool; exístēmi (G1839), to be out of one’s mind, be insane, be beside oneself; ataktéō (G0812), to behave in a disorderly manner.

LOGOS: Die woordjie “Logos” wat vertaal word met “woord” kan ook beteken: rede, plan, bloudruk, raamwerk. Jesus is dus die “rede” van God. Die woord wat vlees geword het  ( Joh 1:1). God se plan, rede, logika, denke, het vlees geword en onder ons kom woon. Jesus anker ons logika. Hy gee ons gedagtes ewewig. Die feit dat Jesus die waarheid kom leef het, maak dit uitvoerbaar, prakties, berekenend en wesenlik. Ons kan dikwels weggevoer word deur ʼn akademiese voëlvlug van redenasies en gedagtes, maar niks is konkreet en deel van ons daaglikse bestaan nie. Jesus daarenteen leef waarheid, balanseer die ekstreme en anker die uiterstes, in Sy persoon.

In 1 Pet. 2:2, the phrase logikón gála, literally “logical milk,” refers to the spiritual nourishment found in the Word of God. Lógos, from which logikós is derived, means reason, and is often used to describe God’s intelligence expressed in human speech or form (John 1:1, 14). Some reach this interpretation merely from the context of the passage, as a spiritual explanation of the words. Others reach this interpretation by recognizing that it is not only true but that it is reasonable that the Word of God is our nourishment (cf. Deut. 8:3; Matt. 4:4). The second adj. ádolon (G0097), unadulterated, agrees with this, meaning that the Word of God, when not mixed with human error, is nourishing.

Soos Jakob moet ons ons kop op die rots, Jesus, neerlê en toelaat dat Hy ons verstand bevrug en verhelder om reg dink. Die volgende môre het Jakob opgestaan en hy het die klip wat sy kopkussing was, gevat en dit regop gesit. Toe giet hy olie op die bopunt daarvan uit. Hy het die plek Bet-El genoem (Gen 28:18). Bet-el beteken huis van God, en so moet ons denke ook God se tuisplek word. Ons moet dus die woord van God leer ken, dit memoriseer en daaroor mediteer. Hierdie wetboek moet die rigsnoer wees vir alles wat jy sê. Oordink dit dag en nag en sorg dat jy alles uitvoer wat daarin geskryf staan. Dan sal jy slaag in wat jy moet doen, jy sal voorspoedig wees (Jos 1:8). Dan sal ons begin reg dink.

Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is (Rom 12:1).

Jesus se prediking konfronteer redelike denke en ontmasker dwaasheid. 

Jesus openbaar die dwaasheid van godsdienstige dualisme en dubbele standaarde:

Julle wil eed sweer by die hemele, die aarde, tempel, die altaar, die troon van God . . . hoekom nie net dat jou ja, ja is, en jou nee, nee (Matt 5:33-37).

Moenie dink dat herhaaldelike rympies opsê meer krag opwek om God te beweeg nie. Hulle verbeel hulle hulle gebede sal verhoor word omdat hulle baie woorde gebruik (Matt 6:7).

Sommige mense probeer hulle lywe in klere inpas. Klere is vir die lyf. Laat jou lyf jou kleredrag bepaal.Therefore I tell you, stop being perpetually uneasy (anxious and worried) about your life, what you shall eat or what you shall drink; or about your body, what you shall put on. Is not life greater [in quality] than food, and the body [far above and more excellent] than clothing? (Matt 6:25)

Wat maak mens onrein? Dit wat jy eet, of die woorde wat jy spreek?Julle moet nou luister en mooi verstaan! Dit is nie wat by die mond ingaan wat die mens onrein maak nie. Maar wat by die mond uitkom, dit maak ‘n mens onrein (Matt 15:10). Begryp julle nie dat alles wat by die mond ingaan, na die maag toe gaan en daarna uit die liggaam uitgaan nie? Maar wat by die mond uitkom, kom uit die hart, en dít is die dinge wat die mense onrein maak. Uit die hart kom slegte gedagtes: moord, owerspel, onkuisheid, diefstal, vals getuienis, kwaadpratery. Dít is die dinge wat ‘n mens onrein maak, maar om met ongewaste hande te eet, maak ‘n mens nie onrein nie (Matt 15:17-20).

Jesus gebruik dikwels praktiese voorbeelde van die gebruik van gesonde verstand om hoorders te help om in te sien hoe dwaas godsdienspleging werklik is.

Ongehoorsaamheid is dwaasheid.

Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ’n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het (Matt 7:24). Selfs ʼn persoon wat ʼn hok opslaan in ʼn informele nedersetting, weet dat jy nie ʼn huis op sand bou nie.

Iemand wat gereeld met materiaal en leer gewerk het, sou glimlag vir: “Niemand lap tog ou klere met ongekrimpte materiaal nie, want dan skeur die nuwe lap nog ʼn stuk van die oue uit, en die gat word net groter.” “Niemand gooi ook nuwe wyn in ou velsakke nie, want dan laat die wyn die sakke oopbars, en die wyn sowel as die sakke gaan verlore. Nuwe wyn word in nuwe sakke gegooi” (Mark 2:19-25).

Probeer hierdie prentjie fisies uitvoer of verfilm – dis die hoogste vorm van domheid, dwaasheid, gekheid. Weereens die skreeusnaakse, oordrewe uitspeel van die dwaasheid van mense se dade. Moenie wat heilig is, vir die honde gooi nie: hulle sal omspring en julle verskeur; en moenie julle pêrels voor die varke gooi nie: hulle sal dit met hulle pote vertrap (Matt 7:6).

Iemand wie se hart verlig geraak het met die waarheid, kan dit nie wegsteek nie. ʼn Lamp kom mos nie onder ʼn emmer of onder ʼn bed nie?Probeer dit fisies doen: Plaas ʼn flits onder ʼn emmer, onder die bed. Dis malligheid! Die lig skyn deur! (Matt 5:15)

Jesus se fyn skerpsinnigheid is ook opmerklik in hoe Hy komplekse vrae beantwoord en oplos. Toe hulle Jesus in ʼn strik wou vang oor belasting: “Wie se kop en naam is hierop?” “Die keiser s’n,” antwoord hulle Hom. Jesus sê toe vir hulle: “Gee aan die keiser wat aan die keiser behoort, en aan God wat aan God behoort” (Mark 12:14-17).

WIE is dan die getroue en verstandige dienskneg wat aanhou doen wat reg is en rentmeester is van sy goed? (Matt 24:45-51)

Die wyse en dwase maagde (Matt 25:1-13).

Die verstandige, onregverdige dienskneg. Now here’s a surprise: The master praised the crooked manager! And why? Because he knew how to look after himself. Streetwise people are smarter in this regard than law-abiding citizens. They are on constant alert, looking for angles, surviving by their wits. I want you to be smart in the same way—but for what is right—using every adversity to stimulate you to creative survival, to concentrate your attention on the bare essentials, so you’ll live, really live, and not complacently just get by on good behavior(Luk 16:1-9, The Message).

So be shrewd as serpents and innocent as doves(Matt 10:16, NSAB). Shrewdness—understanding how things work, then leveraging that knowledge to apply the right force in the right place at the right time.[1]Dit is hoekom die karaktereienskap gebalanseer word met die onskuld van ʼn duif. Jou vindingrykheid moet gebruik word tot mense se voordeel, nie om jouself te verheerlik en ander te onderdruk nie.

Jesus verstaan ook die dwaasheid van mense name noem en vloek (Matt 5:22). In die meeste gevalle word mense kwaad wanneer hulle nie verstaan word nie. Dit veronderstel dat mens harder sal probeer om jou saak beter te verduidelik eerder as om net harder te skree. Dis onbesonne geraas en dwaasheid om te skree as niemand meer luister nie.

Jesus beskou die man wat aardse besittings vergader het, en dan wil aftree en niks doen nie, as dwaasheid! En ek sal vir my siel sê: Siel, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare; neem rus, eet, drink, wees vrolik. Maar God het aan hom gesê: Jou dwaas, in hierdie nag sal hulle jou siel van jou afeis; en wat jy gereedgemaak het, wie s’n sal dit wees? So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is in God nie(Luk 12:12-21).

JESUS ARGUMENTEER MET DIE FARISEËRS:

Die beste voorbeeld waar die mens se eie logika, sonder God, homself in ʼn valstrik kan indink is: Jesus het hulle geantwoord: “Ek sal vir julle sê watter soort volmag Ek het om hierdie dinge te doen. Maar dan moet julle eers vir My hierdie vraag beantwoord: ‘Kom die doop wat Johannes beoefen het, van God af, of was dit maar ’n bloot menslike saak?’” Hulle het toe onder mekaar beraadslaag: “As ons sê dat dit van God af kom, gaan hy vir ons sê: ‘Hoekom het julle hom dan nie geglo nie?’ Maar as ons sê dit was maar net ’n bloot menslike saak, sal ons vir die volk moet oppas, want vir hulle is Johannes ’n profeet.” Gevolglik het hulle Jesus geantwoord: “Ons weet nie.” Daarop was Jesus se reaksie: “Dan gaan Ek ook nie julle vraag beantwoord nie” (Matt 21:25-27).

 

Omring van Fariseërs het Jesus die volgende vraag aan hulle gestel: “Wat is julle standpunt oor die Messias? Wie se seun is Hy?” Hulle antwoord Hom: “Dawid s’n.” Waarop Jesus vra: “Hoe noem Dawid Hom dan ‘Here’, terwyl hy tog onder die inspirasie van die Gees praat? Hy sê: ‘Die HERE het vir my Here gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek jou vyande heeltemal aan jou onderwerp het.’ “As Dawid Hom ‘Here’ noem, hoe kan Hy terselfdertyd sy seun wees?” Niemand kon Hom hierop antwoord nie. En daarna het niemand dit meer gewaag om nog verdere strikvrae aan Hom te stel nie (Matt 22:41-46).

Een Sabbatdag was Jesus in die huis van ’n leier van die Fariseërs. Die mense het Hom fyn dopgehou, want daar was ’n man wie se arms en bene geswel was. Jesus vra toe die Fariseërs en wetskenners: “Wel, is dit volgens wet toelaatbaar om mense op die Sabbatdag gesond te maak, of nie?” Toe hulle weier om te antwoord, het Jesus die siek man aangeraak, hom genees en huis toe gestuur. Toe het Hy na hulle gedraai en gevra: “Wie van julle werk nie op die Sabbat nie? As jou seun of bees in ’n put val, sal jy hom nie dadelik daar uithaal nie?” Weer het hulle geen antwoord gehad nie (Luk 14:1-6).

Selfverwoestende denke:

Verdraaide opvattings:

En omdat hulle dit van geen belang ag om God te ken nie, gee Hy hulle oor aan hulle verdraaide opvattings, sodat hulle doen wat onbetaamlik is. Hulle is een en al ongeregtigheid, slegtheid, hebsug en gemeenheid; hulle is vol jaloesie, moord, twis, bedrog en kwaadwilligheid. Hulle skinder en praat kwaad; hulle haat God, hulle is hooghartig, aanmatigend, verwaand; hulle is mense wat kwaad uitdink, ongehoorsaam aan hulle ouers; hulle is onverstandig, onbetroubaar, liefdeloos, hardvogtig. Hulle is mense wat die verordening van God ken dat dié wat sulke dinge doen, die dood verdien, en tog doen hulle nie net self hierdie dinge nie, maar hulle vind dit ook goed as ander dit doen(Rom 1:26-32).

Verdwaasdheid van hulle gemoed, verduisterd is in die verstand

. . . in die verdwaasdheid van hulle gemoed nie —mense wat verduisterd is in die verstand en vervreemd van die lewe van God deur die onkunde wat in hulle is vanweë die verharding van hulle hart; wat ongevoelig geword het en hulle oorgegee het aan die ongebondenheid om in hebsug allerhande onreinheid te bedrywe (Ef 4:16-19).

Wet van my gemoed

Maar ek sien ’n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is (Rom 7:23).

Alienation of mind, vervreemding en verwydering

Ook julle wat vroeër vervreemd was en vyandig gesind deur die bose werke, het Hy nou versoen (Kol 1:21).

Verskrik

. . . om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word nie — deur gees of deur woord of deur ʼn brief wat van ons afkomstig sou wees — asof die dag van Christus al daar is (2 Tess 2:2).

Hulle verstand en gewete is besoedel

Vir die reines is alles rein, maar vir die besoedeldes en ongelowiges is niks rein nie, want hulle verstand en hulle gewete is besoedel. Hulle gee voor dat hulle God ken, maar hulle dade weerspreek dit. Hulle is verfoeilik en koppig en deug vir geen goeie werk nie (Titus 1:15-16).

Vleeslike denke:

. . . omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie (Rom 8:5).

Begeerlikhede van ons vlees

. . . onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander (Ef 2:3).

Bedink aardse dinge

Hulle einde is die verderf, hulle god is die buik en hulle eer is in hulle skande; hulle bedink aardse dinge (Fil 3:19).

10 voorbeelde van denke wat vernuwe is volgens Sy Woord:

Soos ons denke en harte vernuwe word deur die Woord en die Gees, begin ons nie net anders dink nie, maar ons eerste instinktiewe reaksies verander ook (Rom 12:2). Iemand wie se gedagtes in Christus vernuwe is, het geheel en al ’n ander eerstereaksierefleks.

Het dit al met jou gebeur dat jy aan iemand wat jy goed ken ’n Whatsapp stuur, maar hulle reageer nie? Jy begin daaroor tob . . . Kort voor lank dink jy allerhande booshede en oorweeg dit om nooit weer met die persoon te praat nie. Dan, ’n paar dae later: “Jammer, ons was buite selfoonbereik. Nou eers jou boodskap gesien. Ons is baie lief vir jou!” Jy voel geheel en al uitgevang oor jou negatiewe reaksie. Wat ons voel, is nie altyd korrek nie. ’n Vlieënier kan ruimtelik gedisoriënteerd raak en voel hy vlieg onderstebo. Dan moet hy sy instrumente vertrou, anders vlieg hy in die grond vas. Ons projekteer ook dikwels “hoe ons dit sou doen, hoekom doen hy/sy nie ook so nie” op ander.  Hierdie projeksies laat ons glo dat ons weet wat ander mense dink en wat hulle motiewe is. Die feit is egter: Ons ken meestal nie eens ons eie motiewe nie, wat nog te sê ander mense s’n.

Die kentekens van vernuwende denke beteken dat die Heilige Gees die Woord se teenmiddels in ons wese ingespuit het wat ons immuniteit opgebou het sodat ons nie van elke kiem-gedagte siek word nie.

Ons denkpatrone is getransformeer en ons dink nie meer soos hierbo beskryf word nie. Die Here is konstant besig om ons denkprosesse te vernuwe. Hier is 10 kentekens waaraan jy jouself kan meet om te sien hoe die Here alreeds jou gedagtes vernuwe het.

1) Jy bly vertrou, al hoor jy slegte nuus. Jy sien die glas is vol. Jy verwag die beste. “Dit gaan alles op die einde uitwerk” is gewoonlik jou eerste reaksie. Nie op ’n ligsinnige, of kop-in-die-grond, of die-waarheid-misken manier nie. Dis ’n stille vertroue in die Here dat Hy alles ten goede sal laat meewerk (Rom 8:28). Jy het dit al soveel keer gesien dat daar ’n vaste wete in jou gemoed is. Daar is ’n positief in elke negatief (Ps 66:12). Iemand met vernuwende denke sien dit net gouer raak.

2) Die onmoontlike lyk redelik. Iemand wat die Here volg se denke, geloof en verwagting is gevorm om ’n deur te sien waar daar nie een is nie, ’n moontlikheid terwyl alles onmoontlik lyk. Ons geestesoog is verhelder en geoefen in die realiteit van Sy krag (Ef 1:17-21). Ons weet dis vir óns onmoontlik, maar vir die Here is niks onmoontlik nie (Luk 1:37; Mark 10:27).

3) Selfs jou bespiegelinge is positief. Wanneer jy nie weet waar jou maat is en hoekom hy of sy laat is nie, sien jy Jesus in hulle. Die vermoë om Jesus in mekaar te vertrou, is ’n wonderlike manier van oorgawe en geloofsvertroue. Ons manipuleer nie meer situasies nie. Ons weet ons kan nie harte verander nie. Ons vertrou die Heilige Gees wat oortuig en bekering bewerkstellig (2 Kor 7:9). Ons skep nie meer in ons verbeelding bekommernisse oor die slegste wat gaan gebeur nie – ons sien oplossings, deurbrake en voorsiening, selfs in die geringe.

4) Jy leef vanuit sy rus. Jy het niks nodig nie. Jy is vergenoegd en tevrede met wat jy het. Selfs te midde van die onstuimige storms waarin ons soms verkeer, is ons kalm en rustig. Terwyl Paulus se skip sink, is hy rustig in sy geloof, en vanuit hierdie rus gee hy kalmte aan ander (Hand 27:39-44). Jy het vergenoegdheid geleer in die tye van oorvloed en tekort. Daarom beleef jy ’n vastigheid in jou emosies, des ondanks die op-en-af van omstandighede. Hierdie rus is nie ontkenning van omstandighede nie, maar jy ken die Here en vertrou Sy karakter.

5) Jy vergewe maklik en erken gou jou foute. Iemand wat in volwassenheid in Christus groei, neem nie meer vinnig aanstoot nie. Hulle is nie liggeraak nie en verwag die beste van mense. Selfs al maak medegelowiges hulle seer, hulle sien nog steeds Christus in mekaar. Martha het nog steeds Jesus erken as die Messias, alhoewel Hy as vriend vier dae laat opgedaag het en Lasarus al dood was (Joh 11:27).

6) Jy hou van jouself ten spyte van jou tekortkominge. Jy meet en vergelyk jouself nie meer met ander nie. Jy weet wie jy is en dit is genoeg. Jy weet wat jou roeping is en jy het genade met jou swakhede. Jy is bewus dat die Here nog steeds besig is om jou te verander en jy groei in vrymoedigheid om jouself te wees. Jy is gemaklik met jouself en het jouself aanvaar. Jy het roetines in plek om jou swakhede te versterk en jy neem verantwoordelikheid vir jouself.

7) Jy is gemaklik met alleenwees, maar sien jouself nie as eenkant nie. Jy sien jouself in die groter geheel van die liggaam van Christus. Daarom dink jy eerste aan “ons” en nie meer “ek” nie. Jy is bewus van jou eie stem, maar ook van dié om jou. Jy harmoniseer en leef in ritme met die mense wat God om jou geplaas het. Jy is nie afhanklik van mense nie, maar kies om hulle nodig te maak en betrokke te hou in jou lewe. Jy leef in die nou, en elke verhouding en kontak is belangrik om dieper te verbind en te groei.

8) Jy is dankbaar en nederig afhanklik. Jy is deurentyd bewus dat alles wat jy besit ’n geskenk is. Die oorlog van herhaaldelik probeer en faal is verby. Jy loop elke dag met  ’n diep in-en-uit-asem-bewussyn van Sy goedheid. Jou woorde en gedagtes is meer vol lof en dankbaarheid as kritiek en murmurering. Sy liefde is nie meer ’n woord nie, maar ’n belewenis en bewussyn. Jy sien Sy liefde in alles.

9) Alhoewel jy in jou gedagtes soms nog verkeerd dink, wanneer dit by doen kom, doen jy reg. Die lewe van die Gees het die mag van sonde en ook die wet van sonde verbreek (Rom 7:19-20 vs. Rom 8:2). Ons doen instinktief wat reg is, al voel ons soms om dit nie te doen nie. Ons denke, woorde en dade het begin ooreenstem met Sy geregtigheid en reg-doen.

10) Jy is ingestel op God se stem, Sy hart en Sy wil. Die mens verloor so gou fokus. Tog is iemand wie se gedagtes vernuwe is, deurentyd ingestel op wat die Gees sê en op die Woord. Mens hoor dit ook gereeld in hulle gesprekke: “Die Here het my nou die dag gesê . . .” Ons leef vanuit die daaglikse woord wat van God kom (Matt 4:4). Ons is bewus van “presently-revealed-truth” (2 Pet 1:12). Ons is gevul met die kennis van God regdeur die eeue, maar ook met dit waarop Hy vandag fokus.

Mag die Here ons help om aan te hou groei, en aan te hou ontwaak tot die denke van Christus (1 Kor 2:16).

Die plek van emosies:

Jesus het verskillende emosies beleef:

Euforiese vreugde  (Joh 15:11; 17:13),

Empatie en deernis (Matt 9:36; 15:32),

Woede (Mark 11:15-18),

Rou, en hartseer (Joh 11:35, 38),

Ontsteltenis en benoudheid (Matt 26:36-42).

Dit is belangrik dat ons uitdrukking kan gee aan ons emosies. Ons moet soms net kan sê hoe ons voel. Die meeste mense kan nie in woorde uitdruk wat hulle voel nie. Soms het hierdie emosies nie eens ʼn direkte oorsaak nie. Alhoewel ons nie volgens ons emosies leef en besluite neem nie, het ons nodig om gehoor te word, anders is daar nie empatie nie. Ons moenie emosies moraliseer of probeer regmaak nie. Emosies moet net gehoor word met die oog op empatie. Emosies is nie logies nie. Mense wat meer op logika ingestel is, het min begrip vir emosie. Maar emosie is nie verkeerd nie, inteendeel! Emosies is die energie wat ons beweeg. Daarom sukkel mense wat depressief is. Dit voel asof iemand hulle voel-enjin gesaboteer het. Hulle voel niks nie, veral onder sterk medikasie, en bestaan soos robotte. Uiteindelik is emosies net aanduiders van ʼn toestand. Soos ʼn motor se liggie wat aangaan om te toon dat die tenk leeg is. Jy moet nou petrol ingooi.

Emosies gee kleur en begrip aan ons bestaan. Kuns en musiek is emosie! Ons emosies moet ook, soos ons denke, onder Jesus Christus se hoofskap kom.

Wat ons doen met ons emosies, is baie belangrik. Ons verbaliseer ons emosies in gebed en teenoor ʼn vertroueling, maar uiteindelik moet ons die Here vra wat ons moet doen. ʼn Mens oorwin nie die gedagte- en emosie-oorlog in jou kop nie! Jy moet gaan doen soos die Gees jou lei. Hierdie dade van die gees bied jou konkrete oorwinning en tasbare deurbrake.

En dit het uiteindelik weer ʼn positiewe effek op ons emosies.

λογικός logikós; fem. logikḗ, neut. logikón, adj. from lógos (G3056), reason, word. Pertaining to reason and therefore reasonable, or pertaining to speech as reasonable expression. In Rom. 12:1, the “reasonable service” or worship is to be understood as that service to God which implies intelligent meditation or reflection without the kind of heathen practices intimated in 1 Cor. 12:2 and without the obsolete system of OT worship (Is. 1:12-15).

 

 

 

[1]Shrewd: Daring to live the startling command of Jesus. Rick Lawrence

Jan Oosthuizen

Leave A Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.