DAGBREEK

Die roetines en gewoontes van Jesus

die-roetines-en-gewoontes-van-jesus

Dit is die aktiwiteite wat ons daagliks doen, wat ons lewe bepaal. [1]

“All our life, so far as it has definite form, is but a mass of habits.” William James.

“Dailiness, routine, sameness frees the heart to traffic in more important matters.” Joan Chittister.

“How we spend our days is, of course, how we spend our lives.” Annie Dillard

’n Navorsingsartikel wat in 2006 by die Duke Universiteit gepubliseer is, het bevind dat meer as 40% van die aksies wat mense elke dag uitvoer, uit gewoonte is en nie omdat die persoon ’n besluit daaroor neem nie.[2]

Die moderne mens se onrealistiese verwagting is dikwels oombliklike gewigsverlies, fiksheid, welvaart, sukses en roem. Die realiteit is egter dat dit volgehoue, daaglikse roetine verg om sukses in hierdie areas van ons lewe te behaal.

Ons het geglo dat slegs die navolging van waarheid tot ’n betekenisvolle lewe sal lei. Daarom het ons leerstellings bo lewe verkies, feite bo lewenslus, en inligting bo verandering. In ons meedoënlose strewe om alles reg te doen, het ons alles verkeerd gedoen. Verandering is ’n ervaring. Dit is iets wat gebeur met ’n mens wat die trajek en lewenskwaliteit van ’n sekere punt af wysig.[3]

Ons wil so graag, soos in die films wat ons kyk, ons lewe probeer “fast-forward” of dele uitvee, of soos in videospeletjies oorbegin, sonder om elke dag enigiets in ons lewe aan te pas of te verander. In videospeletjies kry jy gewoonlik drie lewens, maar in die werklikheid van hierdie lewe ontvang jy net een! Jy kan nie dele uitsny of weglaat nie. Elke besluit, elke aktiwiteit, is bepalend tot jou lewe.

Vir 40 jaar het die volk daagliks manna opgetel en in ’n woestyn oorleef (Eks 16:4).

Gee ons vandag ons daaglikse Brood (Matt 6:11).

Ons neem daagliks ons kruis op (Luk 9:23).

Die Here se ontferming is elke môre nuut (Klaagl 3:23).

Die vleeswording van Jesus grondves en anker ons lewe in die wete dat 30 jaar se gewone, vakman-, plaas-, buite-die-kollig-lewe nie van minder belang is nie. Dit was hierdie opvoeding en leerproses wat Sy openbare lewe en woorde gevorm het. Die Seun van God het bykans 30 jaar daaraan bestee om die alledaagse werk van die gewone mens te doen. Daaglikse werk is dus nie van minder belang as tempeldiens en prediking nie. Elkeen het sy plek. Jesus het baie wonderwerke gedoen, maar daar het nie elke dag uitsonderlike wonderwerke plaasgevind nie en daar is nie elke dag dooies opgewek nie. Wonderwerke en tekens is belangrik, maar wat egter van wesenlike belang is, is die daaglikse roetinelewe wat die weg gebaan het vir hierdie wonderwerke!

Die menswording van God help ons om weer na te dink oor die mite dat ons meer nodig het. Toe God vlees geword het, is elke mens se lewe heilig verklaar. Die feit dat God mens geword het en die grootste deel van Sy lewe in onbekendheid as skrynwerker op ’n klein dorpie, Nasaret, deurgebring het, gee ons perspektief. Deur die menswording het ons geleer dat elke lewe waardig is en betekenis het; elke gewone lewe maak saak. Die geheimenis van die menswording help ons om te onthou dat ’n gewone lewe die moeite werd is om te leef, anders sou God ’n ander lewe, ’n ander dorp en dalk ’n meer “relevante” tyd, soos nou, gekies het.[4]

Ons daaglikse bestaan het dus betekenis en waarde. Niks is verniet of onbenullig nie. Moenie die dag van klein dingetjies gering ag nie(Sag 4:10).

JESUS SE DAAGLIKSE ROETINES

Hy het ook in Nasaret gekom, waar Hy grootgeword het, en soos sy gewoonte was, het Hy op die sabbatdag na die sinagoge toe gegaan(Luk 4:16). Jesus het dus die weeklikse byeenkomste bygewoon. Soos Sy gewoonte was. Mens vra jouself nie daagliks af of jy moet gaan werk, en of jy jou tande moet borsel nie. Dis bloot goeie gewoontes. As ons nie vir ons kinders kerkbywoning as ’n gesonde, goeie gewoonte aanleer nie, leer hulle ’n ander gewoonte aan, soos om eerder ander dinge te doen.

“Was dit vir julle nodig om met swaarde en stokke uit te gaan om My te vang asof Ek ’n rower is? Dag vir dag het Ek in die tempel gesit en die mense geleer, en julle het My nie gevange geneem nie(Matt 26:55; Luk 19:47). Eredienste op ’n Sondag (die eerste dag van die week) het ontstaan a.g.v. mense se honger en daaglikse behoefte en begeerte om byeen te kom. Daar is ’n hoë waarde gehef op gereelde byeenkomste. Vandag kry kinders, sport, TV en ontspanning ’n hoër prioriteit as kerk. Ons is mos vertel jy is die kerk, nie die gebou of samekoms nie. Tog gebeur kerk wanneer twee of drie in Sy naam saamkom. Diegene wat nie meer kerk bywoon nie, wen ook nie meer siele nie, bid nie vir siekes nie, en beraad en bedien ander ook minder. Dis interessant dat hoe ryker mense word, hoe kleiner word hulle behoefte aan kerk. Enige dieet en oefenprogram behels ’n daaglikse roetine. Hierdie nuwe roetine breek die ou, ongesonde leefstylgewoontes.

“Church has become more like going to the movies when it’s supposed to be more like going to the gym”. -Francis Chan

Jesus herken die beweging en oomblik van genade wat God vir ’n gegewe situasie gee. Hy het gegaan om vir Petrus se skoonmoeder te bid, maar toe word die skare meer en Hy het deur die nag die mense bedien. Toe Jesus uit die sinagoge weg is, is Hy na Simon se huis toe … Teen sononder het almal wat mense in die huis gehad het met een of ander siekte hulle na Jesus toe gebring … Die volgende oggend teen dagbreek het Jesus alleen weggegaan … So het Hy dan aangehou om in die hele Joodse gebied te preek (Luk 4:38-44). Die bruilof in Kana is nog ’n voorbeeld dat Jesus saam met God werk, en nie God saam met Hom nie (Joh 2).

Jesus het ’n duidelike gebedsroetine gehandhaaf. Jesus het die stad verlaat en volgens gewoonteOlyfberg toe gegaan, en sy dissipels het Hom gevolg. Toe Hy op die plek aankom, sê Hy vir hulle …(Luk 22:39-40).

Die môre vroeg, toe dit nog nag was, het Hy opgestaan en buitentoe gegaan na ’n eensame plek en daar gebid (Mark 1:35).

Maar Hy het Hom altyd weer in eensame plekke afgesonder om daar te bid (Luk 5:16).

Dit was in daardie tyd dat Jesus eenkeer die berge in is om te gaan bid. Dwarsdeur die nag was Hy besig om tot God te bid …(Luk 6:12-19).

Na hierdie gesprek het Jesus teen die berg uitgeklim om te gaan bid. Hy het Petrus en Johannes en Jakobus saam met Hom geneem(Luk 9:28-36).

Die vroeë Kerk het Jesus se gewoonte nagevolg:

So continuing daily with one accord in the temple, and breaking bread from house to house, they ate their food with gladness and simplicity of heart(Hand 2:42).

Paulus het drie maande lank met vrymoedigheid in die sinagoge geredeneer oor die koninkryk van God en die mense daarvan probeer oortuig. Maar party was koppig en wou hulle nie laat oortuig nie. Hulle het ook in die openbaar die leer van die Here belaglik probeer maak. Toe het Paulus hulle verlaat en die gelowiges afsonderlik geneem en daagliks in die saal van Tirannus besprekings gehou(Hand 19:1-5).

Goeie gewoontes:

Gee van offergawes en tiendes

Kerkbywoning

Huiskerk-samesyn

Bybelskool

“Modern church is visitor-centric, biblical church is committed-centric.” -Dale Partridge

ONS VERLOËN SELF DAAGLIKS

Ons geestelike bestaan hang nie af van die groot dinge wat ons vermag nie. Geestelike heldedade is geskenke uit God se hand, en kan nie deur die mens gemanipuleer word nie. Opstanding is ’n goddelike werk. Ons kan nie onsself uit die dood laat opstaan nie. Ons kan wel daagliks ons eie-ek en self kruisig en verloën in gehoorsaamheid aan dit wat die Here van ons vra. “Self” is ons grootste vyand! Daarom kies ons as ons redelike godsdiens om “self” se versoeke te ontken en misken (Rom 6:11; Rom 12:1). Ons verloën en verklaar dat ons “self” nie ken nie, net soos Petrus Jesus verloën het toe hy volgehou het dat hy Hom nie ken nie (Luk 22:61). Ons vergeet dus van ons self. Selfloosheid is om geen ag op “self” te slaan nie (Matt 16:24). Hierdie selflose bestaan word ons lewe. Dis hoe ons kies om te reageer op negatiwiteit of vyandigheid. Ons leef nie meer nie (Gal 2:20).

DAAGLIKSE FOKUS OP JESUS

Hierdie selflose liefde is net moontlik, en kan net gevind word, in die voortdurende openbaring van God se liefde (Ef 3:17-19).

“Self” word dus net minder in die aangesig van Sy liefde. Dit impliseer dat ons daagliks op Sy geregtigheid fokus (Matt 6:33). Soos ons Hom bewonder, en Hy meer word in ons fokus en bewussyn, vergeet ons van onsself (Joh 3:30). Paulus bid vir die gemeente: [Ek bid] dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken(Ef 1:17). Om Christus werklik te leer ken, bring outomaties selfloosheid te weeg. Wanneer mens meer en meer tyd deurbring met iemand van wie jy baie hou, smeer daardie persoon af aan jou. So fokus ons op Christus, Sy lewe, styl, waardes, manier, gesindheid, denke, gewoontes, karakter en so word ons gevul met die kennis (experiential knowledge) van wie Hy is. Dis hierdie fokus en nabyheid aan Christus wat ons lewe transformeer. Johannes verduidelik dat, soos ’n boom ingeënt word op ’n ander kern/wortel/stam, ons in Christus ingeënt is (Joh 15).

Deur gereeld nagmaal te gebruik, versterk hierdie Jesus-fokus. Do this in remembrance of Me(1 Kor 11:5). 2 Die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof (Heb 12:1). Deur die bepeinsing van Jesus se kruisdood en die offerwerk wat Hy volkome vir ons verrig het, fokus ons reg (1 Kor 2:2). Soos die mense na die slang gekyk en genesing ontvang het, kyk ons na Jesus (Joh 3:14).

Deur elke dag tyd in die Woord te bestee, deur op die Here te wag in stil luister-meditasie, en deur met bewustheid (mindfulness) te fokus, rig ons ons hart en siel op Hom.

DAAGLIKSE SAMEKOMS MET GELOWIGES

Hy was elke dag in die tempel besig om die mense te leer(Luk 19:47).

Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet, en God geprys (Hand 2:46–47).

… daagliks in die saal van Tirannus besprekings gehou (Hand 19:9).

… en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie …(Heb 10:25).

Soos die getye van die see, is daar ’n gesonde ewewig tussen inwaartse individuele intimiteit met die Here, en samesyn met gelowiges. Die twee bewegings, diens aan God en diens aan mekaar, is wat die woord “tempel” (Naos) beteken. Ons sien God se gesig en voel Sy aanraking in mekaar. Ons is soos tropdiere – ons kan nie sonder mekaar funksioneer nie. Inteendeel, soos die dele van die liggaam, bestaan ons ter wille van die liggaam (Rom 12).

LOOF EN DANK DIE HERE DAAGLIKS

Ek loof U soveel keer elke dag oor u bepalings. Hulle is regverdig(Ps 119:164). ’n Ander vertaling sê: Sewe keer per dag, oordink ek U voorskrifte.Dan sal ek u Naam altyd besing

en dag na dag my geloftes betaal(Ps 61:9). Een van my vriende begin elke dag met Bybelstudie, lofprysing en danksegging. Dis so ’n pragtige gewoonte om ons ingesteldheid vir die dag reg te begin. Ons fokus reg, want ons fokus op die ewige!

Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag(1 Tess 5:16).

DAAGLIKSE WONDERWERKE

Maar hulle het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het saamgewerk en die woord bevestig deur die tekens wat daarop gevolg het. Amen(Mark 16:20).

En nou, Here, let op hulle dreigemente en gee aan u diensknegte om met alle vrymoedigheid u woord te spreek, deurdat U u hand uitstrek tot genesing, en tekens en wonders deur die Naam van u heilige Kind Jesus plaasvind(Hand 4:29-30).

… terwyl God ook nog saam getuig het deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade en bedélinge van die Heilige Gees volgens sy wil?(Heb 2:4, Ou Afrikaanse Vertaling).

… want die koninkryk van God bestaan nie in woorde nie, maar in krag(1 Kor 4:20).

Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin van Christus(1 Kor 2:16).

Dr Brian Adams glo in “verwag daaglikse wonderwerke”. Ons behoort ’n daaglikse verwagting te hê dat God bonatuurlik deur ons wil werk! Hierdie verwagting is soos ’n hoeksteen-gewoonte. Dit rig ons, en hou ons bedagsaam en sensitief teenoor die Heilige Gees. Ons kan nie wonderwerke laat gebeur nie, ons is bloot ingestel om in die geloof te doen soos die Heilige Gees lei. God se koninkryk is geestelik. Deur die uitstorting van die Heilige Gees het God nou in ons kom woon om, soos Christus, deur ons Sy wêreld te demonstreer.

DAAGLIKSE WERK

Jesus het ons kom wys dat daaglikse werk ook heilig kan wees. Hy was volkome mens, en tog het Hy nie gesondig nie. Ons verheerlik die Here ook deur die kwaliteit van die werk wat ons doen. Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik(Matt 5:16). Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God (1 Kor 10:31). Sien jy ’n man wat vaardig is in sy werk—hy kan voor konings staan, hy hoef nie voor geringes te staan nie(Spr 22:29).

Ons moet werk om te kan gee. Laat die een wat steel, nie meer steel nie; maar laat hom liewer arbei deur met sy hande te werk wat goed is, sodat hy iets kan hê om mee te deel aan die een wat gebrek het (Ef 4:28).

Maar ons moet anders werk as die wêreld. Ons handewerk, en hoe ons met mense werk, moet spreek van God se Vaderhart en Sy waardes. Toe die koningin van Skeba die geregte op die tafel sien – wat was anders? Die manier hoe dit voorgesit word? Verder was sy beïndruk met hoe Salomo se diensknegte gesit het, hoe hulle hulleself gehandhaaf het, en hulle klere. Die voedsel van sy tafel en hoe sy dienaars sit en sy bediendes staan, en hulle klere, en sy dranke en sy trap waarmee hy opklim in die huis van die Here, was daar in haar geen gees meer nie(1 Kon 10:5). Ek glo Salomo het sy diensknegte nie soos slawe behandel nie maar menswaardig, wat hulle trots laat voel het om te dien. So behoort ons plase, pakhuise en fabrieke ook die regering na hulle asem te laat snak oor die manier waarop ons mense bemagtig en menswaardigheid ontwikkel.

DAAGLIKSE DIENS

God is nie net soms ’n Gewer nie. As ons na die skepping kyk, dan gee God nog steeds, in oordaad! Wanneer ons verstaan dat dit beter is om te gee as om te ontvang, dan word gee ’n lewenstyl. Diensbaarheid is nie slawerny nie, dis ’n lewenstyl van gee. Liefde, vriendelikheid, goedheid, vrede, behulpsaamheid: GEE! So vind ons vroeg in die getuienis van die handelinge van die apostels en vroeë gelowiges, dat hulle daagliks besig was om te gee (Hand 6:1). Daar word ook vrywilligers, diakens, aangestel om prakties te help en te dien. Jesus het die wêreld kom dien deur genesing, verlossing en bevryding uit te deel (Fil 2:1-5). Jesus was selfs bereid om sy dissipels se voete te was (Joh 13:5). Boere dien die wêreld deur genoeg smaakvolle en voedsame voedsel te voorsien. Besighede dien die mensdom deur die kos te verpak, te verwerk en toeganklik te maak vir elkeen. Die regslui en wetstoepassers dien die mensdom deur wet en orde toe te pas, en sodoende te sorg vir ons veiligheid. Dokters hou ons gesond. Die regering sorg dat daar toepaslike infrastruktuur en hulpbronne beskikbaar gestel word sodat ons kan floreer in ons skeppingsdoel.

DAAGLIKSE RUS

Ja, ons onthou God het op die sewende dag gerus. Daarom die Sabbat. Maar Jesus wys ons dat daar by Hom ’n gesonde ritme tussen rus en werk was. Hy is die permanente Sabbatsrus (Matt 12:1-8). Christus is die rus waarna elke mens soek. Hierdie rus gebeur wanneer ons vrede met God maak (Rom 5:1). Om in die geloof te lewe, is om in God se rus te lewe. Die rus van volkome geloofsvertroue (Heb 11:1; 6). Ons wandel deur die geloof, nie deur wat ons sien nie (2 Kor 5:7). Wandel impliseer die daaglikse lewe. Ons leer dus om vanuit rus, en na rus toe, te leef. Ons veilige plek is God se rus. Ons leef nie meer nie, en dit beteken ons rus. Ons beweeg net wanneer ons gelei en gedring word deur die Heilige Gees (Rom 8:14). Ons beweeg dus van rus af na gehoorsaamheid, waartoe Hy ons opwek tot ’n nuwe lewe in Christus. Jesus slaap te midde van ’n storm (Mark 4:38). So kan ons ook te midde van krisisse en tye van onheil in die Woord rus.  Hy sal ons in elke situasie anders lei.

ONDERSOEK DIE SKRIFTE DAAGLIKS

En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dagdie Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was(Hand 17:11). Jesus het al as jong seun die skrifte geken, daarom kon Hy op die ouderdom van 12 met die Fariseërs en skrifgeleerdes redeneer (Luk 2:41-52). Dit impliseer: Hy het die OT-geskrifte honderde kere deurgelees, gememoriseer en verstaan. Op 12! Vandag heg ons ’n hoër waarde aan sekulêre skoolonderrig as aan kennis van God se Woord. Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ’n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny (2 Tim 2:15).

DIE TYD IS NOU

Hy het hulle vriendelik ontvang en met hulle gepraat oor die manier waarop God NOU regeer(Luk 9:11). Deur te fokus op vandag, ontsluit ons die NOU-genade van God. God is ’n ewige Teenwoordigheid. Sy genade is vir die nou. Ons moet net bepaal wat God nou wil doen.

 

Op die regte tyd het Ek jou verhoor, en op die dag van verlossing het Ek jou gehelp(2 Kor 6:2). Inderdaad – dit is nóú die geskikte tyd; dit is nóú die dag van verlossing. Die geheim van iemand wat van elke dag die beste maak, is om God se plan vir elke dag te ontsluit en te ontgin. Ons hoor en doen! Daarom het Jesus gewag vir die oomblik van “dit is nog nie my tyd nie” (Joh 2:4) tot “Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word” (Matt 4:1). ’n Belangrike rede waarom ons die skrifte ondersoek, is om God se tydsberekening te verkry. Iets wat die Fariseërs heeltemal misgekyk het (Matt 16:3).

 

Carpe diem is ’n Latynse aforisme wat gewoonlik as “gryp die dag” vertaal word. Dit kom uit Boek 1 van die Romeinse digter Horatius se werk, Odes(23 v.C.).

In Horatius se werk is dit deel van ’n langer uitdrukking, “Carpe diem, quam minimum credula postero”, wat vertaal kan word as “Gryp die dag, maar moenie te veel op môre (die toekoms) vertrou nie”. Volgens die ode is die toekoms onbekend en mens moenie op toekomstige gebeure reken nie, maar eerder vandag alles in jou vermoë doen om jou toekoms beter te maak. Die uitdrukking word gewoonlik teen Horatius se Epikuriese agtergrond verstaan.[6] Die betekenis van carpe diem soos Horatius dit gebruik het, beteken nie ons moet die toekoms ignoreer nie. Dit beteken eerder dat ons nie net moet aanvaar dat alles sal uitwerk nie maar dat ons vandag moet optree om die toekoms beter te maak. [7]

“Remember that you are mortal, so seize the day.”

“Enjoy the moment.” (enjoy, seize, use, make use of)

Hebrew: The phrase ?ואם לא עכשיו, אימתי “And if not now, then when?” (Pirkei Avoth 1:14)

In die 1989-fliek,Dead Poets Society, het die Engelse onderwyser John Keating, gespeel deur Robin Williams, die volgende gesê: “Carpe diem. Seize the day, boys. Make your lives extraordinary.” Hierdie sin is later deur die American Film Institute as die 95stebeste fliek-aanhaling aangewys.[9] Die televisiereeks, Community, het later op satiriese wyse met die fliek omgegaan deur die karakter van professor Whitman, ’n komiese en eksentrieke weergawe van Williams se karakter wat “Carpe diem” as lewensfilosofie gebruik het.

Moet julle daarom nie oor môre bekommer nie. Môre sal sy eie bekommernisse bring. Vandag se moeilikhede is vir een dag heeltemal genoeg(Matt 6:34).

Moet julle dan nie vandag al oor more se probleme kwel nie. As more gekom het, kan julle daaroor dink. Elke dag het genoeg van sy eie probleme(Matt 6:34, Die Lewende Bybel).

In die alledaagse van ons lewens ontmoet die heilige en die gewone. Heerlikheid en verderf kruis mekaar. Die heilige ontmoet die roetine. Die lewenslange reis na die hemel word dikwels gekenmerk deur gewone dae waar ons eenvoudig ons werk doen en God dien so goed as wat ons kan.

Manna elke dag (Eks 16:4).

Gee ons vandag ons daaglikse brood(Luk 11:3).

Indian philosopher, cultural reformer, and spiritual leader Gandhi was right when he said, “There is more to life than increasing its speed.”

The Lord’s mercies are new every morning(Klaagl. 3:23; NIV).

[1]Charles Duhigg. The Power of Habit: Why We Do What We Do in Life and Business

[2]One paper published Bas Verplanken and Wendy Wood, “Interventions to Break and Create Consumer Habits,” Journal of Public Policy and Marketing 25, no. 1 (2006): 90–103; David T. Neal, Wendy Wood, and Jeffrey M. Quinn, “Habits—A Repeat Performance,” Current Directions in Psychological Science 15, no. 4 (2006): 198–202.

[3]The Jesus Life. Eight ways to recover authentic Christianity Stephen W Smith

[4]The Jesus Life. Eight ways to recover authentic Christianity Stephen W Smith

Jan Oosthuizen

1 Comment

  1. Adriaan Visagie

    jan….Baie dankie vir voorreg.
    Att

    15 . 05 . 2019

Leave A Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.