DAGBREEK

Jesus die revolusionêr

jesus-die-revolusioner

Jesus die revolusionêr

Ek dank die Here dat ons nie in die OT leef, waar ons onseker, in vrees, deur offers van bloed, deur ‘n menslike hoëpriester, by een tempel in Jerusalem na God moes nader. Die skrywer van Hebreërs is korrek, ons het ‘n ver beter offer (Heb 9:23), beter verbond (Heb 8:6); beter beloftes (Heb 8:7); beter hoop (Heb 7:19); beter as die engele (Heb 1:4); beter bemiddelaar (Heb 12:24), beter opstanding (Heb 11:35)! Soos met ‘n nuwe selfoon, die oomblik as jy die nuwe een in besit neem, verval die ou foon en is dit uitgedien. Ons is dankbaar vir die ou een, want dit was nuttig, maar nou dat ons die nuwe een gebruik, dink ons nie meer aan die ou een nie. Nee, ons is opgewonde oor die nuwe foon se beter funksies! 

Jesus was revolusionêr! Hy het nie iets bygevoeg by die oud nie, nee Hy het die oud vervang met iets baie beter! Te veel gelowiges dink nog vanuit ‘n ou testament, ou verbond paradigma, en probeer die woorde en begrippe van die Nuwe Testament en nuwe verbond in Christus inweef in die oud. Jesus was radikaal NUUT. Hy het heeltemal ‘n nuwe weg gebaan, deur Sy prediking en voorbeeld, Sy lyding en sterwe, en Sy opstanding! Die oorsprong van die Christendom het nie in genesis begin nie, dit het by Jesus, en Sy opstanding begin! 

Broers, ons kan nou met vrymoedigheid ingaan in die heiligste plek waar God self is, omdat Jesus vir ons gesterf het. 20Die gordyn wat die afskorting was, is geskeur—dit is sy eie liggaam—en so het Hy vir ons ’n nuwe pad oopgemaak wat ons by die lewe bring. 21Hy is ook ons groot Priester wat mag het oor God se hele huis. 22Laat ons dan ingaan na God toe met ’n eerlike hart wat op Hom alleen vertrou, want ons harte is rein gemaak deur die bloed van Jesus Christus wat daarop gesprinkel is en ons liggame is gewas met skoon water.(Heb 10:19-22) 

Tempel afbreek en in 3 dae herbou

Around year AD 40, citizens of Jerusalem were notified that a statue of Emperor Gaius Caligula was to be erected within the temple walls. Petronius, governor of Syria, was given responsibility for transporting the statue from the port city of Ptolemais to Jerusalem. He was accompanied by two legions (approximately 10,000 soldiers). When he arrived to take possession of the statue, he was shocked to discover thousands of Jews from the region had gathered in protest. 2 When threatened with violence, instead of organizing to defend themselves, the protesters knelt and exposed their necks to Roman blades. So they threw themselves down upon their faces, and stretched out their throats and said they were ready to be slain; and they did this for forty days together and in the meantime left the tilling of their ground, and that while the season of the year required them to sow it. Thus they continued firm in their resolution and proposed to themselves to die willingly rather than to see the dedication of the statue.  [1]

EN Jesus het uitgegaan en van die tempel vertrek, en sy dissipels het nader gekom om Hom die geboue van die tempel te wys. En Jesus sê vir hulle: Sien julle al hierdie dinge? Voorwaar Ek sê vir julle, daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word, wat nie afgebreek sal word nie.(Mat 24:1–2) see Mark 13:1, 2; Luke 21:5, 6   

Hierdie stelling oor die tempel afbreek, was die hoofargument teen Jesus, hoekom hy tereg staan, en die doodstraf verdien. Dit was wat die getuies teen Hom gebring het. (Matt. 26:61; Mark 14:58); Ook tydens sy kruisiging is hierdie woorde herhaal! (Matt. 27:40; Mark 15:29). 

Abraham se roeping was; “en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.” (Gen 12:3) God roep ons om deur ons die wêreld te seën.  Die tabernakel, later tempel moes die plek van seën, vergifnis en vrylating wees. In Jesus se geval word die oorspronklike instrument van seën die tempelorde, die tugyster wat die een wat juis besig is om die wêreld te seën tot dood veroordeel. 

Die plek wat die wêreld moes seën, het ‘n rowers spelonk geword, soos die geldwisselaars die mense uitbuit, vir hulle eie gewin.  Daarom reinig Jesus die tempel. (John 2:13-22)

38 jaar voor die gebeurtenis waarsku Jesus die mense duidelik:“Wanneer julle sien dat Jerusalem deur leërs omsingel word, moet julle kennis neem dat sy vernietiging aangebreek het. Dan moet die mense wat in Judea is, na die berge toe vlug, en die mense wat in die middel van die stad self is, moet dit ontruim, en die mense wat op die platteland is, moet nie Jerusalem binnegaan nie. Daardie dae is dae van vergelding sodat wat geskryf staan in vervulling moet gaan. Groot ellende wag op die verwagtende vroue en ook op dié wat nog borsvoed gedurende daardie dae, want daar sal groot benoudheid in die land heers en God se toorn sal op hierdie volk rus. Sommige sal deur die snykant van die swaard omkom en ander sal as gevangenes na al die nasies toe weggevoer word. Jerusalem sal vertrap word deur die vreemde nasies totdat die tyd van die nasies verby is.(Luke 21:20–24) Hierdie is een van Jesus se profesië, wat letterlik woord vir woord vervul is: en ook ‘n pragtige bewys van Sy bestaan.  

Die opstand van die Jode bereik hulle hoogtepunt 66AD, en word daar verskillende gevegte geloots vir bykans 4 jaar. Die romeinse generaal Titus het ‘n paar dae voor pasga, 14 April 3 legioene soldate teen Jerusalem beleer. Met meer as 100000 mense vasgevang in die stad, en interne faksies wat kos voorrade verwoes het, die stank van geen sanitasie verwydering, honger en te veel mense het die situasie binne die stad onhoudbaar gemaak. ‘n Woedende soldaat het in Augustus ‘n fakkel oor die muur gegooi, en die tempel het aan die brand geslaan. Uiteindelik teen 7 September 70AD is die stad ingeneem. [2]

Josephus, ‘n ooggetuie vertel: The slaughter within was even more dreadful than the spectacle from without. Men and women, old and young, insurgents and priests, those who fought and those who entreated mercy, were hewn down in indiscriminate carnage . . . The legionaries had to clamber over heaps of dead to carry on the work of extermination. [3]

Tot vandag kan die Jode, nie meer enige offer op hulle altaar bring nie. Daar is sedertdien dus geen versoening vir hulle sondes nie. Jesus het dus nie net leë beloftes gemaak nie.  Jesus kondig die nuut aan; ‘n nuwe weg, ‘n nuwe verbond, ‘n nuwe koninkryk, met nuwe reëls en wette, met nuwe beloftes, beloning en erfdeel! Jesus volbring die oud, en beseël met sy kruisdood, ‘n nuwe verbond! (Jer 31:31-34) 

Een van God se primêre voorsienings aan ons behalwe die uitstorting van die Heilige Gees, is die Liggaam van Christus. Vir God om mens te word het Hy ‘n liggaam nodig gehad.  (Heb 10:5) Die alomteenwoordige, Almagtige en Alwetende God, kom woon in ‘n menslike liggaam! Dis Sy eerste groot liefdesdaad aan ons! Sy inkarnasie! (Heb 4:14-15)  Hy het ‘n liggaam nodig gehad om goed te kan doen aan die mensdom, siekes te genees, die mag van die bose te verslaan, en vir die wees en die weduwee, en armes om te gee. Geen enkele mens kan vandag volledig Jesus alleen wees nie.  Indien daar wel weer so iemand is, sal ons die persoon verheerlik. Jesus word vandag vlees deur Sy kerk. Die kerk is Sy liggaam. Die volheid van God is geopenbaar in Sy liggaam.  Eph 4:11-16; Eph 5:30; Eph 2:19-22; 1 Cor 12:12. Ons het ook ‘n liggaam nodig om God se wil te doen. Ons kan nie die Koninkryk van God laat kom op aarde soos wat dit in die hemel is sonder Sy Liggaam nie.  

God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe seënryk en heerlik hierdie geheimenis vir die nasies is. Die inhoud daarvan is: Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid. (Col 1:27) Die woord julle is ‘n kollektiewe voornaamwoord en kan vertaal word Christus onder julle en in julle.  Christus is in jou maar daar sal nooit weer ‘n Christus in Sy volheid in een persoon gemanifesteer word nie.  Christus se volheid kan alleenlik deur ‘n liggaam van mense verheerlik word.  Die kerk is sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in almal vervul. (Eph 1:23) “As the new wine is found in the cluster, And one says, ‘Do not destroy it, For a blessing is in it,” (Isa 65:8)

Ons is nou die tempel van die Heilige Gees. (1 Cor 3:16; 6:19; 2 Cor 6:16) Drie fasette van kerkwees: Die individu, die lokale gemeente, en die universele kerk. Soos ‘n lemoen: die sel, binne ‘n skyfie, binne die skil.  

Daar is net een liggaam. (Eph 4:4) Die heerlikheid van God is alreeds opgesluit in Sy liggaam ons kan net in die volheid van hierdie heerlikheid leef wanneer ons die Christus in mekaar raaksien en die gawes in mekaar ontsluit.  Soos Jesus gebore was in ‘n liggaam wat moes opgroei alvorens die tyd sou aanbreek vir Sy bediening so is die kerk in ‘n proses van voorbereiding tot die finale uur van haar glorie!  Net soos mense Hom nie wou erken of aanvaar nie en uiteindelik kruisig sal die kerk haar grootste heerlikheid bereik in haar donkerste uur.  Mag God jou oë open soos Petrus sin om die verlossing in Sy kerk raak te sien!

Jesus reduseer al die wette van die OT na net 2 wette. 

Daar is twee groeperinge van mense wanneer dit kom by heiligmaking en toewyding aan die Here. Die wat ernstig, in afsondering, alles probeer doen om heiliger, en meer toegewyd te wees, en die wat probeer om met die minste moeite net nie uitgesluit te wees nie. Hoe heiliger die eerste groep raak, hoe gevaarliker raak hulle oordeel, kritiek en misnoeë met die res wat nie die sogenaamde merk maak nie. Die tweede groep, probeer net deurkom sonder om regtig te leer, en moeite te doen. Hulle wil eintlik nie daar wees nie, maar wil nie hê mense moet dit weet nie. Jesus bied ‘n radikale, revolusionêre alternatief tot hierdie op en af, binne dan buite, dualistiese bestaan. Hy verenig die opwaartse Godgerigte vertikale fokus, en sywaartse, mensgerigte, horisontale fokus, en maak hulle een. Onlosmaaklik een. Jy kan nie die een sonder die ander nie. 

As jy iets bring na die altaar in die tempel om dit aan God te gee en jy onthou daar by die altaar dat jou broer iets teen jou het, los jou geskenk daar voor die altaar en gaan maak eers die saak met hom reg. Dan kan jy terugkom en jou geskenk vir die Here kom gee.(Mat 5:23–24) Jy kan dus nie die Here liefhê, sonder om jou naaste lief te hê nie. Punt! Inteendeel, hoe jy jou naaste liefhet, is bepalend en die lakmoes toets, of jy werklik die Here liefhet. Deur die eeu sedertdien, is dit bepalend ten opsigte van kerkwees: is ons besig om die wêreld lief te hê, of nie? In die Nuwe verbond, kan jy eenvoudig nie voortgaan met godsdiens nakoming, van metodes, en formules en dink jy behaag God, sonder om jou naaste lief te hê nie.  

Jesus se prediking om jou vyande lief te hê, en aan hulle goed te doen, hulle inderwaarheid te seën was radikaal! Hy het letterlik lynreg teen die stroom van wat oor eeue geleer en verstaan is oor God gegaan.  Die godsdiensgroepering mobiliseer toe ‘n teenaanslag: hulle stuur die Sadduseërs om Hom te probeer vasvra: oor die lewe hierna. (Mat 22:23-33). Toe hierdie probeerslag gruwelik misluk voor die aansien van die mense, stuur hulle ‘n wetgeleerde: Toe die Fariseërs ook hoor hoe Jesus die Sadduseërs so ’n antwoord gegee het dat hulle niks verder kon sê nie, het hulle saam na Jesus toe gekom. Een van hulle, ’n deskundige oor die wet, vra toe vir Jesus ’n strikvraag: “Meneer,” wou hy weet “wat is die belangrikste ding wat God ons in die wet beveel het.” Jesus antwoord toe: “Die belangrikste is waar God gesê het: ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en siel en verstand.’ Dit is die belangrikste en die eerste bevel wat God ons gegee het. Daar is ’n tweede een wat net so belangrik is, en dit is: ‘Jy moet jou medemens net so liefhê as wat jy jouself liefhet.’ Die hele Skrif is gegrond op hierdie twee bevele van God.”(Mat 22:34–40.) 

Alhoewel beide hierdie skrifte uit die skrifte kom. (Deut 6:5; Lev 19:18) het niemand die twee al saamgevoeg as “mutualily exclusive” nie. Jy kan nie die een sonder die ander nie. Mens kan verstaan dat die godsdiensgroepering in die hoek gedryf is, hulle bestaansreg, alles waarmee hulle besig was is in die gedrang. Daarom kom hulle met, ‘n laaste aanslag om die guns van die mense te probeer terugwen. Onthou die Jode se naaste was nog altyd, JODE! Niemand anders nie! Mag nie ondertrou nie, mag nie meng nie! Inteendeel, met God se hulp en die reg op selfbeskikking is nasies en vyande bloedig uitgewis! 

Gelukkig het Lukas hierdie belangrike verduideliking bygevoeg, sodat daar geen onduidelikheid sal wees oor presies, wie Jesus bedoel as ons naaste nie. Die gelykenis van die barmhartige Samaritaan.

Daar was ‘n wetgeleerde wat aan Jesus ‘n strikvraag wou stel. Hy staan toe op en vra: “Meneer, wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry?” Jesus sê vir hom: “Wat staan in die wet van Moses geskrywe? Wat lees jy daar?” Hy antwoord: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself.” “Jy het reg geantwoord,” sê Jesus vir hom. “Doen dit en jy sal die lewe verkry.” Maar die wetgeleerde wou homself handhaaf en vra vir Jesus: “En wie is my naaste?” Jesus gaan toe nader daarop in deur te sê: “Toe ‘n man eenmaal op pad was van Jerusalem af na Jerigo toe, het rowers hom aangeval. Hulle het hom kaal uitgetrek en hom geslaan dat hy halfdood bly lê, en toe padgegee. Dit gebeur toe dat daar ‘n priester met daardie pad langs kom, en toe hy hom sien, gaan hy ver langs verby. Net so het daar ook ‘n Leviet by die plek gekom, en toe hy hom sien, gaan hy ook ver langs verby. Maar ‘n Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom, en toe hy hom sien, het hy hom innig jammer gekry. Hy het na hom toe gegaan, sy wonde met olie en wyn behandel en hulle verbind. Toe het hy hom op sy rydier gehelp en hom na ‘n herberg toe geneem en hom daar verder versorg. Die volgende dag haal hy twee muntstukke uit en gee dit aan die eienaar van die herberg en sê: ‘Sorg vir hom, en as jy meer onkoste met hom het, sal ek jou betaal wanneer ek hierlangs terugkom.’ “Wie van hierdie drie is volgens jou die naaste van hom wat onder die rowers verval het?” Die wetgeleerde antwoord: “Die man wat aan hom medelye bewys het.” Toe sê Jesus vir hom: “Gaan maak jy ook so.”(Luk 10:25–37) 

Vandag nog as ons hierdie gedeeltes lees, word ons uitgedaag, word ons ontsteld in ons binnekant, want wat Jesus vra is nie maklik nie. Dit sit nie maklik in ons ego nie. Ons is anders geleer, en ons funksioneer nie so nie. Soort soek soort! Dit is hoe dit werk. 

Jesus verklaar al die meer as 600 joodse wette, as uitgedien. Dit is verby. Hy het iets beter! Dít is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het. (Joh 15:12) Hy maak ‘n gebod, ‘n wet waaraan Hyself voldoen het as voorbeeld, en Sy lewe vir ‘n sondige wêreld, nie die Joodse volk kom neerlê het. Paulus die Fariseër wat ’n yweraar was vir die oorleweringe van sy voorvaders (Gal 1:14), die geregtigheid in die wet betref, onberispelik. (Phil 3:6) verklaar: Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus.(Gal 6:2) 

WEES dan navolgers van God soos geliefde kinders; en wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as ’n gawe en offer aan God tot ’n lieflike geur.(Eph 5:1-2) 

Hierdie wederkerige gebod om God lief, te hê, maar gelyktydig ook jou naaste, is die basis, die grondslag, die opsomming van al die wette en reëls van die OT.  

Jesus het hierdie weg, en werkswyse vir ons kom voorbeeld. Ons kan onmoontlik meer tyd in vas en gebed, meditasie, afsondering wy, sonder om ons hand uit te steek na ons naaste. Ons lewe is uitgegiet soos ‘n drankoffer, soos Jesus. 

“Gaan maak jy ook so.” 

Jesus noem God Pappa

Een van die eerste openbarings van Jesus, is dat Hy God, Vader noem.  Hierdie aanspreekvorm moes aardbewings in die geesteswêreld veroorsaak het, want die Jode het ‘n groot saak gemaak van hoe jy God aanspreek. God se primere naam, is nooit uitgespreek nie.  Jhwh – Jahweh. Die vrees was om nooit God se neem ydelik te gebruik nie. Die idee dat God, Vader is was nie die probleem nie, maar die feit dat iemand God direk as Vader kan aanspreek was ongehoord.  

Throughout the Bible we find God portrayed as a Father. This portrayal, however, is surprisingly rare in the Old Testament. There God is specifically called the Father of the nation of Israel ( Deut 32:6 ; Isa 63:16 ; [twice] Isa 64:8 ; Jeremiah 3:4; Jeremiah 3:19; 31:9 ; Mal 1:6 ; 2:10 ) or the Father of certain individuals ( 2 Sam 7:14 ; 1 Chron 17:13 ; 22:10 ; 28:6 ; Psalm 68:5 ; 89:26 ) only fifteen times. (At times the father imagery is present although the term “Father” is not used [ Exod 4:22-23 ; Deut 1:31 ; 8:5 ; 14:1 ; Psalm 103:13 ; Jer 3:22 ; 31:20 ; Hosea 11:1-4 ; Mal 3:17 ]). This metaphor for God may have been avoided in the Old Testament due to its frequent use in the ancient Near East where it was used in various fertility religions and carried heavy sexual overtones

The teaching of the Fatherhood of God takes a decided turn with Jesus, for “Father” was his favorite term for addressing God. It appears on his lips some sixty-five times in the Synoptic Gospels and over one hundred times in John. The exact term Jesus used is still found three times in the New Testament ( Mark 14:36 ; Rom 8:15-16 ; Gal 4:6 ) but elsewhere the Aramaic term Abba is translated by the Greek pater [pathvr]. 

God se interaksie met die mens en die grondlegging van die geloof begin met Abraham, en die belofte van Vaderskap. Dan die God van Abraham, Isak en Jacob. Die rol van die Vader staan dus sentraal tot ons geloof. Die vader bepaal as te ware die pad en rigting waarin die familie loop.  Die ghaos in ons wêreld vandag kan in ‘n groot mate toegeskryf word, aan die afwesigheid van Vaders.  

Maar ons moet nie ons heil soek in aardse Vaders nie.  Daar is ‘n rede hoekom aardse Vaders ons faal, God wil ons eerstens herenig met ons hemelse Vader. Gevolglik word ons gedrag en optrede natuurlik bepaal deur ons hemelse Vader.  Ons kry ons DNA van die Vader. 1 Joh 3:9. Ons is uit Hom gebore. Joh 3:4-5. Deur onverganklike saad. 1 Pet 1:23. Ons ken die Vader en Sy wee. 1 Joh 2:13 Aardse vaders is beperk in hulle voorsiening van die volheid van ‘n Vader.  Daarom moet ons nie ons vertroue op mense stel nie. Ps 118:8-9. Goeie aardse Vaders rig ons om God die Vader raak te sien, en van Hom afhanklik te wees.  

Let op die Woord in Mat 23:9: “Moet niemand hier op aarde as `vader’ aanspreek nie, want Een is julle Vader: die Vader in die hemel!” Sekerlik bepaal ons siening en ervaring van ons aardse Vaders hoe ons God sien en beleef.  Maar ons moet nie dat dit ons langer gevange hou nie.  Geen aardse Vader biologies of geestelik kan God vervang of aan Hom gelyk gestel word nie.  Hulle swakheid en onvolkomenheid moet ons juis neig om na God te kyk as ons Vader.  

Dis primêr waarom Christus gekom het, om deur Sy geregtigheid ons die geskenk van kindskap en toegang met God te gee, sodat ons Hom kan ken as Vader.  Hoe meer God as Vader vir jou ‘n werklikheid word, hoe meer sal Hy jou laat opgroei in volwassenheid en die vervulling van Sy wil.  Jesus die seun van die mens, het vir ons gewys hoe om dit te doen. Hy was algeheel aangewese op die Vader.  

Ons verkry die volheid in die begin. 

Ek vra ‘n goeie vriendin, wat altyd diepdenkend is oor geestelike sake: Wat maak die Christendom anders, uniek van al die ander gelowe? Haar onmiddellike antwoord: “Ons kry alles in die begin!” Al die ander gelowe, moet jy eers deur vele rites, en gebruike werk, om ‘n vorm van narvana, en spiritualiteit te bereik. Jesus leer: “Dit verseker Ek julle: Onder die mense op aarde is niemand gebore wat groter is as Johannes die Doper nie, en tog is die geringste in die koninkryk van die hemel groter as hy.” Mat 11:11. Die werkers wat laaste in diens geneem is, kry dieselfde loon as die wat heeldag gewerk het. (Mat 20:1-16) 

Die beste verhaal wat hierdie waarheid illustreer is waar Jesus die water in wyn verander, Sy eerste wonderwerk – wedergeboorte. 

Jesus se eerste wonderwerk en ook die begin van Sy bediening aan die mens moes betekenisvol wees. Ons weet daar is altyd ‘n dieper betekenis, in die eerste melding van ‘n saak.  Jesus het immers nie sommer bloot dinge gedoen nie.  (Joh 5:19-20, 30; 8:28; 14:30; 12:49) Waarom water in wyn? Dan nog die beste kwaliteit wyn? Tot wie se voordeel was die wonderwerk? Die gaste was sekerlik baie bly…  maar die gevolglike moontlike dronkenskap?  Hoe kan dit geestelik regverdig word.  Sommige sê dat dit druiwesap was; is daar egter so ʼn groot verskil in die kwaliteit en smaak van druiwesap?  Hoe ook al sy; Jesus het die proses van druiwe pluk, dit pars, die skeiding van die doppe en pitte, gisting, verheldering en veroudering alles in een oomblik vermag.  

Wat is die betekenis van hierdie wonderteken?  

Die ses kruike wat gebruik is vir van die Joodse reinigings rituele spreek van die ou leë rituele wat mense uitwendig reinig maar nie by magte was om mense se innerlike te vernuwe nie.  Die getal ses is die getal van die mens.  Hulle moes dit volmaak, en hulle het dit tot bo gevul. Elke kan het tussen 90 en 100 liter water gehou dus altesaam ongeveer 600 liter wyn!  Aan die ander hand, was die hele gemeenskap gewoonlik genooi na ‘n bruilof. 

Die 1ste plaag wat Moses verrig het was water in bloed. (Eks 7:14-24) Die bloed van offers was egter nie genoegsaam om die natuur van die mens te verander nie.  Jesus verander water in wyn! Wyn spreek van oorvloed, guns, vreugde en die werk van die Heilige Gees.  Paulus vermaan die gemeente om nie dronk te word van wyn nie, maar om vol te wees van die Heilige Gees.  (Efe 5:18) Diegene wat die Heilige Gees ontvang het tydens Pinkster is as dronkaards uitgekryt (Hand 2:13) Johannes se evangelie word saamgestel in sewe primêre fases waar daar van ʼn spesifieke wonderwerk vertel word en dan volg die verduidelik en vergeesteliking van spesifieke gebeurtenis.  In hierdie geval volg die verhaal van die besoek van Nikodemus die Fariseer en Jesus se lang verduideliking van wedergeboorte. (Joh 3) 

Wat gebeur tydens wedergeboorte?  Ons menswees word verander en vernuwe, ons DNA word oorgeskryf. Ons word volgens Paulus ‘nuwe skepsels’. (2 Kor 5:17) Jesus verander die DNA van water en dit wat jare neem om te gebeur doen Hy in een oomblik.  Die wonderteken in Kana dui op die omvang en krag van Jesus se bediening en werk.  Hy het gekom nie net om ons te kom genees of aan te raak nie, Hy het gekom om ons te verlos van ons sondige natuur en ons nuwe mense in Hom te maak!   

Ons probeer soms so hard om beter mense te wees.  Ons werk aan onsself.  Ons volg hierdie plan en lees daardie boek.  Ons dissiplineer onsself tot die hou van sekere reëls en die volg van sekere doelwitte.  Ons vermy sekere temptasies en probeer ʼn reguit pad loop om God se guns en aanvaarding te bekom.  Jesus doen dit alles in een oomblik! Hy verander ons geestelike DNA.  Ons word Sy kinders!  (1 Pet 1:23)  en volgens Johannes kan ons nie meer sondig nie, want ons is uit God gebore. (1John 3:9) Ons menslik pogings tot heiligheid en goddelike karakter is futiel.  Die nuwe verbond wat Jesus vir ons beseël het belowe ʼn innerlike begrip en verstaan van God se hart en wil.  (Jer 31:31-34) Hy skryf sy wette in ons hart.  Goddelike karaktertrekke word ‘vrug’ en nie ‘werke’ nie. (Gal 5:22-23) Ons ontvang Sy gedagtes en sinne. (1 Kor 1:16) Dis die wonder van ware redding, dat Hy dit in ons werk om Sy wil te doen.  (Phil 2:13) Ons geur verander van die reuk van die dood na die geur van Sy kennis en heerlikheid.  (2Cor 2:14-16) Ons ontvang Sy lig en word Sy lig.  (Eph 5:8) Sonder om te probeer is ons Sy lig, wanneer Hy in ons kom woon deur Sy Gees. Ons word die tempel en heiligdom van God waardeur Hy Sy heerlikheid laat skyn (1Cor 3:16; 6:19; 2 Cor 6:16) HY maak ons ook vol, tot bo.  Vol is ʼn oorvloedsbegrip, geen halwe mates nie! So ‘vul’ hy ons met Sy persoon!  Alles in een oomblik!!! 

Wat moet ons doen om Hom te ontvang?  

Eers niks… Hy was genooi na die bruilof.  Hy kom na jou toe.  Niemand kan na die Vader kom as Hy ons nie trek nie (Joh 6:44) God se verlossingsplan begin deurdat Hy ʼn boodskapper na ons wêreld stuur, wat die Woord aan ons verkondig.  Ons hoor en verstaan die Woord en geloof word in ons harte opgewek.  Ons roep Hom aan en redding word in ons harte uitgestort. (Rom 10:14-15)  Dis die wonder van God se liefde wat elkeen van ons op Sy unieke manier trek en bedien.  

Tweedens ons moet in Hom glo.  Die gaste het almal Jesus by die bruilof gesien maar Maria het in Hom geglo. Sy het geglo dat Hy enigiets sal kan doen.  Sy het nie ander planne gemaak om wyn te kry nie, sy het in Hom die vermoë gesien tot ʼn oplossing.   

Derdens moet jy reageer en gehoorsaam wees aan dit wat Hy jou sê.  Sy gaan in aksie oor en sê aan die slawe om presies te doen wat hy sê.  (v5) Hulle gehoorsaamheid aktiveer die wonderwerk van God. Die wonderwerk gebeur nie toe hulle die water in die bakke gegooi het nie, maar toe hulle die water na die seremoniemeester toe vat.  Hy kon hulle wegjaag en afdank omdat hulle gewaag het om bloot water na hom toe te bring. Hulle het geweet dit is net water, maar toe die wonderwerk, die beste wyn!  Wanneer ons glo in Sy Woord en daarop reageer om as nuwe mense te begin leef al voel ons nog niks, gebeur daar iewers iets bonatuurlik met ons.  Hy maak ons nuut! 

God is by magte om in ʼn oomblik die vuilste sondaar te verander in ʼn koningskind.  Daardie sonde waaroor jy net nie oorwinning kry nie, Hy kan jou verlos in ʼn sekonde! Jy het al soveel keer bely, maar val elke keer terug.  Jy oorwin nie sonde deur net te bely nie, maar deur ook te glo dat Hy jou gaan help om dit nooit weer te doen nie.  Jy is ʼn nuwe mens! Kyk al die ou dinge het verby gegaan, alles het nuut geword.  As Hy water in wyn kan verander, dan kan Hy jou verander!!

Jesus Staan op uit die dood! 

Ek herinner julle, broers, aan die evangelie wat ek aan julle verkondig het en wat julle ontvang het en waarin julle ook gevestig staan. 2Deur dié evangelie word julle ook gered as julle vashou aan die boodskap soos ek dit aan julle verkondig het. As julle aan iets anders vashou, het julle tevergeefs tot geloof gekom.

3Die belangrikste wat ek aan julle oorgelewer het en wat ek ook ontvang het, is dit: Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte; 4Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte. 5Hy het aan Sefas verskyn, daarna aan die twaalf, 6en daarna aan meer as vyf honderd broers tegelyk, van wie sommige al dood is maar die meeste nou nog lewe. 7Daarna het Hy aan Jakobus verskyn en toe aan al die apostels. 8Heel laaste het Hy ook aan my, die ontydig geborene, verskyn.

9Ek is immers die geringste van die apostels en is nie werd om ’n apostel genoem te word nie, omdat ek die kerk van God vervolg het. 10Maar deur die genade van God is ek wat ek is. Sy genade aan my was nie tevergeefs nie; inteendeel, ek het harder gewerk as hulle almal; eintlik was dit nie ek nie, maar die genade van God wat by my is.

11In elk geval, of dit ek is of hulle—dit is wat ons verkondig, en dit is wat julle geglo het.

Die opstanding van die dooies

12As ons dan verkondig dat Christus uit die dood opgewek is, hoe kan party van julle nog beweer dat daar geen opstanding van die dooies is nie? 13As daar geen opstanding van die dooies is nie, beteken dit dat Christus ook nie opgewek is nie. 14En as Christus nie opgewek is nie, is ons prediking sonder inhoud en julle geloof ook sonder inhoud. 15Verder sou dit beteken dat ons vals getuienis oor God afgelê het, omdat ons teen God in getuig het dat Hy Christus opgewek het. As dit dan waar is dat die dooies nie opgewek word nie, het Hy Christus ook nie opgewek nie. 16As die dooies nie opgewek word nie, is Christus ook nie opgewek nie. 17En as Christus nie opgewek is nie, is julle geloof waardeloos en is julle nog gevange in julle sondes. 18Dan is ook dié wat in Christus gesterf het, verlore. 19As ons net vir hierdie lewe ons hoop op Christus vestig, is ons die bejammerenswaardigste van alle mense.

20Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as eersteling uit dié wat gesterf het. (1 Cor 15:1-20) 

  1. Die verleentheid vd dissipels se ongeloof, openlike beken. 
  2. Sal jy bereid wees om gemartel te word vir ‘n leuen? 
  3. Jakobus Jesus se eie broer erken. 
  4. Paulus die skrifgeleerde, fariseer, erken, en boet deur sy lewe. 
  5. Jesus se opstanding is sekerlik betwis en bevraagteken, en die lesers van die NT, het nog gelewe, wat dit kon betwis. (Daarom die ooggetuies) 
  6. Nadat ek hierdie onderwerp 700 uur lank bestudeer en die gronde daarvan deeglik ondersoek het, het ek tot die gevolgtrekking gekom dat die opstanding van Jesus Christus een van die boosste, wreedste, mees hartelose grappe is wat ooit aan die verstand van mense afgesmeer is, OF dat dit die mees fantastiese feit van die geskiedenis is. (Josh Mc Dowell – bewyse oor die Christelike Geloof) 
  7. Waarheid het ‘n manier om onaanvegbaar te wees. Dit deurstaan die toets van die tyd. Dit hoef nie verdedig te word nie, want dit staan eenvoudig. Dit is soos dit is. Geloof in Jesus se realiteit en opstanding vuur die Christelike geloof al vir 2000 jr. Die bekende verhaal van die eertydse atheis joernalis Lee Strobel, vertel van hoe hy ‘n punt daarvan gemaak het om al die feite rondom Jesus se opstanding te ondersoek. Hy moes uiteindelik erken, ek kan eenvoudig nie die oorweldigende getuienis wegvee, en wegredeneer nie. 

Jesus se voorspellings van sy opstanding • Matteus 12: 38-40; 16: 21; 17: 9, 22-23; 20: 18-19; 26: 32; 27: 63. • Markus 8: 31-9: 1; 9: 10, 31; 10: 32-34; 14: 28, 58. • Lukas 9: 22-27. • Johannes 2: 18-22; 12: 34; hoofstuk 14-16.

Daar word vertel dat Ignatius (± 50-115 n.C.), die biskop van Antiogië, ’n inwoner van Sirië en ’n leerling van die apostel Johannes, “vir die wilde diere in die Colosseum in Rome gegooi is. Hy het sy sendbriewe geskryf gedurende sy reis van Antiogië na sy marteldood” (Moyer, WWCH, 209). In ’n tyd toe hy ongetwyfeld helder van verstand sou gewees het, sê hy van Christus: Hy is gekruisig en het gesterf onder Pontius Pilatus. Hy is werklik gekruisig, nie net bloot oënskynlik nie, en het gesterf, voor die oë van wesens in die hemel en op die aarde en onder die aarde. Hy het ook na drie dae opgestaan … 

Pous Benedict die 14de het in die 18de eeu ‘n kruis gehang, in die Keiser se ingang, van die Colosseum, om hulde te bring aan die duisende christene wat in hierdie 50000 sitplek arena vir hulle geloof in Jesus om die lewe gebring is.  

Josefus, ’n Joodse historikus wat aan die einde van die eerste eeu n.C. geskryf het, bied hierdie fassinerende gedeelte in Antiquities, 18.3.3: Daar was in hierdie tyd Jesus, ’n wyse man, as dit geregverdig sou wees om hom ’n man te noem, want hy het wonderlike dade gedoen, ’n leermeester van mans wat die waarheid met vreugde ontvang. Hy het baie Jode na hom toe aangetrek, en ook baie Grieke. Hierdie man was die Christus. En toe Pilatus hom tot die kruis veroordeel het, nadat hy beskuldig is deur die belangrikste mans onder ons, het dié wat hom van die begin af liefgehad het hom nie in die steek gelaat nie, want hy het op die derde dag weer lewend aan hulle verskyn, soos die Goddelike profete hierdie en tienduisende ander wonderlike dinge oor hom voorspel het. En selfs nou het die groep Christene, só na hom vernoem, nie uitgesterf nie (Josefus, AJ, 18.3.3) 


[1]Josephus, Antiquities of the Jews, 389.

[2]https://en.wikipedia.org/wiki/Siege_of_Jerusalem_(70_CE)

[3]Josephus “Jewish wars” 

Jan Oosthuizen

Leave A Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.